<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
***Hierdie is ‘n taak vir jou portefeulje. Lees die opdragte baie goed deur voordat jy begin!
1. Maak ‘n opname van die grootte van die skoolskoene van al die leerders in enige klas in die skool (behalwe jou eie!).
2. Stel die gegewens netjies in ‘n tabel voor.
3. Stel nou die gegewens deur middel van ‘n grafiek van jou keuse voor.
4. Bepaal die modus van die data.
5. Bepaal die mediaan van die data.
6. Bepaal die rekenkundige gemiddelde.
7. Skryf enige interessante gegewens omtrent die data wat jy ingesamel het, neer.
Assessering: Datahantering
KRITERIA | KODE | |||
1 | 2 | 3 | ||
Volledigheid | Feitlik geen opdrag is uitgevoer nie. | Die helfte van die opdragte is uitgevoer. | Een of twee opdragte is nie uitgevoer nie. | Al die opdragte is uitgevoer. |
Netheid en organisasie | Werk is slordig en ongeorganiseerd. | Dit is georganiseerd, maar moeilik leesbaar. | Dit is netjies en georganiseerd, maklik leesbaar. | Dit is netjiese, duidelik uiteengesette werk; duidelik leesbaar. |
Grafiek | Interpretasie is feitlik onmoontlik. | Data is ongeor-ganiseerd en interpretasie moeilik. | Kan grafiek interpreteer, hoewel nie 100% korrek nie. | Die grafiek is georden en data is sinvol aangebied. Maklik om te interpreteer. |
Korrektheid van berekenings | Al die antwoorde is verkeerd bereken. | Baie foute is begaan. | Min foute is begaan. | Antwoorde is almal korrek bereken. |
Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige vrae stel oor sy/haar eie skool en gesinsomgewing, en gepaste databronne vind ten einde menseregte, sosiale, politieke, kulturele, omgewings- en ekonomiese kwessies in daardie omgewing die hoof te bied;
Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige dataversamelingsvelle (wat tellings vereis) en eenvoudige vraelyste (met ja/nee tipe antwoorde) gebruik om data te versamel (alleen en/of as ‘n lid van ‘n groep of span) ten einde vrae te beantwoord wat deur die onderwyser, self of die groep gevra word;
Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder data organiseer en aanteken deur gebruik te maak van tellings en tabelle.
Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder ongegroepeerde numeriese data ondersoek om die telling (modus) wat die meeste voorkom, en die middelwaarde (mediaan) van die datastel te bepaal, om sodoende sentrale neigings te beskryf.
Assesseringstandaard 5.6: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid van grafieke met die hand of tegnologies teken om data voor te stel en te interpreteer (gegroepeer of ongegroepeer).
Assesseringstandaard 5.7: Dit is duidelik wanneer die leerder data wat op verskillende wyses voorgestel word (insluitend eie voorstellings, mediavoorstellings – woorde, grafieke, sirkeldiagramme), krities lees en interpreteer om sodoende gevolgtrekkings en voorspellings te maak wat sensitief is teenoor die rol van:
5.7.2: kategorieë binne die data (bv. ouderdom, geslag, ras).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?