<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
‘n Paar algemene grondgebruike met hul eienskappe is:
Bewerkte landerye
gewasse het ‘n “bont” voorkoms
afgemaaide graanlande of landerye waarop voergewasse verbou word, is lig en glad
daar is duidelik merkbare stippellyne waar gewasse op landerye met dorsmasjiene geoes word
geploegde landerye lyk gestreep en is donkerder
Boorde en wingerde
het gewoonlik ‘n skaakbordtekstuur
vrugteboorde het ‘n growwe tekstuur
wingerde het ‘n fyner tekstuur en lyk soms gestreep
Woude of plantasies
lyk gespikkeld of bont
het ‘n maklik herkenbare streeppatroon
Weiveld
is klein kolle of vertoon gespikkeld
voetpaadjies wat deur diere uitgetrap is, kom voor as dun wit lyne wat gewoonlik by ‘n watersuiping ineenvloei.
Kenmerke wat maklik geïdentifiseer kan word
By ‘n skool is daar gewoonlik sportterreine.
‘n Golfbaan het skoonveld en setperke.
Stedelike nedersettings toon residensiële verskille duidelik aan:
geboutjies naby mekaar, bv. in die middestad dui lae-inkomstewonings aan;
geboue op groot terreine weg van die middestad dui die hoë-inkomstewonings aan.
Lughawens het maklik uitkenbare aanloopbane.
Mynbougebiede het opvallende mynhope en uitgrawings.
Telefoon- en kraglyne kan uitgeken word aan die reëlmatigheid van hul skaduwees.
2. Kaartvaardighede
In graad 8 het jy met die basiese kaartvaardighede kennis gemaak en oefeninge op die 1:50 000 topografiese kaart van Alice gedoen. Hiertydens het jy geleer om:
ligging te bepaal
ware peiling te doen en rigting te bepaal
afstand te bereken deur van die skaal gebruik te maak
die kaartnaam te verduidelik
konvensionele kaarttekens te herken
hoogtevoorstelling op kaarte te herken
kontoerpatrone te identifiseer
Hierdie kennis en nog meer gaan vanjaar gebruik word deur van die 1:50 000 topografiese kaart van Bloemfontein en ‘n 1:10 000 ortofotokaart van ‘n gedeelte van die kaart gebruik te maak.
Voordat ons egter met praktiese oefeninge begin, is daar ‘n paar nuwe kaartvaardighede wat julle eers moet bemeester.
Afstandberekening op ‘n ortofotokaart
‘n Ortofotokaart is altyd op ‘n skaal van 1:10 000 geteken. Gaan soos volg te werk om werklike afstand te bepaal:
Meet die afstand tussen twee punte akkuraat met ‘n liniaal in sentimeter (of ‘n toutjie as dit kronkelend is).
Herlei hierdie afstand na km of m afhangende wat gevra word.
Wat is die werklike afstand in km? | Wat is die werklike afstand in m? |
10 cm x 10 000100 000 cm ÷ 100 0001 km | 10 cm x 10 000100 000 ÷ 1001000 m |
Hoekom word daar met 100 000 en 100 gedeel?
Die metrieke eenheidsmate kan soos volg voorgestel word:
Km | Hm | Dm | M | dm | cm | mm |
1 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | |
1 | 0 | 0 |
Daar is dus 100 000 cm in 1 km
en
100 cm in 1 meter
Jy kan dus die korter metode gebruik as jy onthou dat jou skaal van 1 : 10 000 dieselfde is as:
1 cm = 10 000 cm
1 cm = 100 m (÷ 100)
1 cm = 0,1 km (÷ 100 000)
AKTIWITEIT 2
Bereken die werklike afstand in meter as die afstand op ‘n 1:10 000 ortofotokaart die volgende is:
5,8 cm.
10,1 cm.
Bereken die werklike afstand in kilometer as die afstand op ‘n 1 : 10 000 ortofotokaart die volgende is:
92,2 cm.
15,6 cm.
[LU 1.3]
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.3 gevolgtrekkings oor inligting uit bronne soos foto’s, kaarte, atlasse, grafieke en statistiek ontleed en maak [werk met bronne];inligting tussen verskillende bronne korreleer; |
Memorandum
AKTIWITEIT 1:
Soggens - effens suidwes
Smiddae - effens suidoos
AKTIWITEIT 2:
580 m
1 010 m
9,22 km
1,56 km
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?