<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
LU 5 DINK EN REDENEER |
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
Dit word bewys as die leerder: |
5.1 taal gebruik vir dink en redeneer: |
5.1.1 pas denk- en redenasievaardighede in verskeie kontekste oor die kurrikulum heen en in persoonlike omstandighede toe; |
5.1.2 herken en bespreek die skrywer se belangrikste standpunt en perspektief in verskillende tekssoorte; |
5.1.3 ontleed oorsaak en gevolg in meer diepte in lineêre tekste en tekste oor die kurrikulum heen (soos deur die onderliggende oorsake en nie die vanselfsprekende nie, te soek); |
5.1.4 ontwikkel en gebruik redenasies wat:- die logika duidelik aan die leser / luisteraar maak;- reaksies en teenkanting antisipeer; |
5.1.5 stel ‘n teenargument en verskaf alternatiewe; |
5.1.6 gebruik feitlike inligting en interpreteer statistiek met toenemende selfvertroue om argumente te staaf; |
5.1.7 gebruik eie ervaringe en kontrasteer dit met dié van ander om ‘n standpunt te verduidelik; |
5.1.8 gebruik vrae, afleiding en analise om kritiese denke te ontwikkel en probleemoplossing te bevorder; |
5.2 gebruik taal om te ondersoek: |
5.2.1 stel vrae oor nasionale en kruiskurrikulêre vraagstukke (soos MIV/vigs, verhoging in rentekoerse); |
5.2.2 herken wanneer ‘n spreker of bron dubbelsinnig is, bewyse verkeerd gebruik of ongeldige stellings maak en stel gepaste vrae om akkurater inligting te verkry; |
5.2.3 bevraagteken en oorweeg moontlikhede; |
5.2.4 ondersoek ‘n verskeidenheid benaderings om navorsing oor ‘n onderwerp te beplan, te organiseer en aan te bied (vir Tale en ander leerarea); |
5.2.5 oorweeg verskillende perspektiewe wanneer inligting gekies word; |
5.2.6 brei die aantal bronne en die metodes uit om relevante inligting te vind (soos die elektroniese en ander media, koerantargiewe, dokumentêre films, gespesialiseerde biblioteke); |
5.2.7 werk aan toenemend ingewikkelde projekte oor leerareas heen en lewer ‘n samehangende produk; |
5.4 dink kreatief: |
5.4.1 visualiseer, voorspel, fantaseer en empatiseer om betekenis te skep en probleme op te los; |
5.4.2 verbeel moontlikhede en alternatiewe om denke uit te brei (stel hipoteses en spekuleer); |
5.4.3 gebruik ‘n verskeidenheid maniere om idees te ondersoek en uit te brei (soos skryf, teken, dans, rolspel); |
5.4.4 dink na oor verskille en gebruik dit skeppend en positief (soos verskille in ervaring, kultuur, belangstelling en persoonlikheid); |
5.4.5 vergelyk hoe verskillende tale terme in verskillende leerareas uitdruk en skep skakels om met begrip en probleemoplossing te help. |
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik |
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit word bewys as die leerder: |
6.1 met woorde werk: |
6.1.1 gebruik spelreëls en ’n verskeidenheid spelstrategieë om onbekende woorde te spel en bespreek die strategieë wat gebruik word; |
6.1.2 skep eie spellys vir moeilike woorde, veral van woorde oor die kurrikulum heen, en bespreek probleemwoorde; |
6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens korrek en doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken, afkappingsteken en aksentteken); |
6.1.4 gebruik ’n woordeboek en tesourus met selfvertroue, doeltreffend en gereeld om spelling, woordafleiding en die herkoms van woorde te ondersoek; |
6.1.5 gebruik afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels (ook meervoude-, verkleinings- en geslagsvorme) doeltreffend om woordeskat uit te brei; |
6.1.6 gebruik woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp om woordeskat te ontwikkel; |
6.1.7 verstaan dat tale woorde by ander tale leen en hoe nuutskeppinge in ’n taal ontstaan en gebruik dit gepas; |
6.1.8 verstaan en gebruik sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme en een woord vir ’n omskrywing gepas binne konteks; |
6.1.9 gebruik alledaagse afkortings en akronieme gepas. |
6.2 met sinne werk: |
6.2.1 identifiseer en gebruik die volgende in konteks: |
|
|
|
|
|
|
|
6.2.2 verstaan die grammatikale verskil tussen en funksie van sinsoorte (stel-, vraag-, bevel- en uitroepsinne, asook instruksies) en gebruik dit korrek; |
6.2.3 identifiseer en gebruik sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp en byvoeglike bepalings; |
6.2.4 identifiseer en gebruik hoofsinne en bysinne (bywoordelik en byvoeglik) gepas; |
6.2.5 gebruik tydsvorme korrek en om fokus te wissel, soos die teenwoordige tyd kan ’n gevoel van onmiddellikheid skep; |
6.2.6 gebruik die korrekte woordorde in sinne en verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed; |
6.2.7 gebruik die aktiewe (bedrywende) vorm en passief (lydende) vorm en verstaan wanneer elkeen gepas is en hoe dit betekenis kan beïnvloed; |
6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en andersom, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde en wissel die gebruik van die twee vorme gepas; |
6.2.9 gebruik die ontkennende vorm korrek en op verskillende maniere; |
6.2.10 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma, dubbelpunt, kommapunt, vraagteken, uitroepteken, aandagstreep, hakies, beletselteken, aanhalingstekens, skuinsstreep). |
6.3 werk met tekste: |
6.3.1 wissel die gebruik van kern- en ondergeskikte sinne (soos om die kernsin aan die einde te plaas) om samehangende paragrawe te ontwikkel; |
6.3.2 gebruik verbindingswoorde (soos nietemin, verder) om ‘n logiese denkpatroon in ‘n paragraaf te ontwikkel; |
6.3.3 verbind sinne in samehangende paragrawe deur voegwoorde, voornaamwoorde en woordherhaling (waar gepas) te gebruik; |
6.4 ontwikkel bewustheid en gebruik van styl: |
6.4.1 gebruik verskillende sinslengtes en sinsoorte; |
6.4.2 onderskei tussen formele en informele taalgebruik en verduidelik wanneer dit gepas is; |
6.4.3 verstaan en gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas en kreatief. |
AKTIWITEIT 1
AKTIWITEIT 2
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?