<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
KUNS EN KULTUUR
Graad 4
KRITIESE EN KREATIEWE REFLEKSIE
Module 19
MUSIEK: TOETS JOU KENNIS
FINALE
Aktiwiteit 1
Om instrumente te identifiseer [LU 2.4, 2.5]
Het al die diere verby beweeg in die finale optog?
TOETS JOU KENNIS
Kies die korrekte antwoord deur A, B of C in te kleur.
1. Die komponis dryf hiermee die spot met . . .
a | homself en ander komponiste. | b | diere. | c | mense. |
2. Die instrument wat die meeste gehoor word is die . . .
a | tromme. | b | klavier. | c | klarinet. |
3. Marsmusiek is in . . .
a | enige maatslag. | b | 4-tyd. | c | 3-tyd. |
4. Walsmusiek is in . . .
a | enige maatslag. | b | 4-tyd. | c | 3-tyd. |
5. Die finale opsomming van al die diere is in die . . .
a | Cancan. | b | snit. | c | finale. |
6. Klank by strykinstrumente word verkry as die . . .
a | snaar vibreer. | b | lugkolom vibreer. | c | stok vibreer. |
7. Klank by houtblaasinstrumente word voortgebring as die . . .
a | snaar vibreer. | b | lugkolom vibreer. | c | pyp vibreer. |
8. Hoe langer die snaar, . . .
a | hoe laer die klank. | b | hoe hoër die klank. | c | hoe meer note kan jy speel. |
9. Hoe kleiner die instrument, . . .
a | hoe laer die klank. | b | hoe hoër die klank. | c | hoe sagter die klank. |
10. Die klankkleur van die klarinet is . . .
a | yl. | b | syagtig. | c | hol. |
11. Die instrument wat die leeu naboots, is die . . .
a | xilofoon. | b | tromme. | c | klavier. |
12. Die instrument wat die koekoek naboots, is die . . .
a | koekoekfluitjie. | b | klarinet. | c | klavier. |
13. Die instrument wat die fossiele naboots, is die . . .
a | ghong. | b | xilofoon. | c | geraamtebene. |
14. Die instrument wat die olifant naboots, is die . . .
a | basviool. | b | baskontra. | c | kontrabas. |
5. Die instrument wat die swaan naboots, is die . . .
a | tjello. | b | fluit. | c | viool. |
TOTAAL | 15 |
1 | 2 | 3 | 4 | ||
1 - 7 | 8 - 9 | 10 - 12 | 13 - 15 | ||
Hoe dink jy is jou kennis omtrent die instrumente?
Swak …………… Redelik............. Goed .............. Baie goed
Aktiwiteit 2
Om musieknotasie te lees [LU 2.3, 2.4]
Onthou jy nog die Morsekode uit ‘n vorige module?
Lees en klap die Skilpad-tema.
Dit is goed om jou ritme aan te moedig!
KYK | hier | kom | Skil - | lie | |||
▬ | ▬ | | | | | ||
SKIL | - | PAD | hy | kom | met | die | |
▬ | ▬ | | | | | ||
GROOT | PAD | sta - | dig | teen | die | ||
▬ | ▬ | | | | | ||
af - draand | kom | hy | aan - | ge - | suk - | kel | |
| | | | | | | |
KYK | |||||||
▬ | ▬ |
Probeer nou om die Skilpad-tema te sing! Jou opvoeder sal jou help!
Skryf nou die skilpadtema oor in ‘n geheime skrif! Gebruik die sleutel wat gegee word.
WENK : Om die kwartrus te teken
Lyn 1 | Lyn 2 | Lyn 3 |
Lyn 4 | Lyn 5 | |
Assessering
LEERUITKOMS 2: REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.3 kwart- en halfnootwaardes, asook pouses in ‘n kort wysie kan herken;
2.4 maatslae soos vier-vier en drie-vier kan herken;
2.5 na musiekinstrumente luister en hulle kan identifiseer in terme van voorkoms, naam, wyse van klankproduksie, timbre en algemene toonhoogteklassifisering (hoog-laag).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?