<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Bevolking: Dit verwys na die mense wat in ‘n spesifieke area (dorp / streek / stad / provinsie / land / wêrelddeel) bly. |
Bevolkingsverspreiding: Waar die mense binne ‘n spesifieke gebied bly. |
Bevolkingsdigtheid: Hoeveel mense in die spesifieke area bly. |
Om die bevolkingsdigtheid van ‘n gebied/land te bereken, neem jy die totale bevolking van die gebied/land en deel dit deur die totale oppervlak (in vierkante kilometer) van die gebied/land. Die antwoord wat jy kry dui dan aan hoeveel mense daar gemiddeld per een vierkante kilometer in die gebied/land bly.
Een vierkante kilometer is ‘n vierkantige area van 1 km by 1 km:
Van bo gesien:
Digbevolk en ylbevolk
Baie mense per km2 en min mense per km2
Gebruik die volgende statistiek, jou sakrekenaar en die formule op bl. 3 en bereken die bevolkingsdigtheid van Suid-Afrika en Indië onderskeidelik. Rond jou antwoorde af tot die naaste heelgetal.
Bevolking van Suid-Afrika (volgens 1960-sensus): 41 miljoen (afgerond).
Oppervlak van Suid-Afrika : 1 219 090 km2 (afgerond).
Bevolking van Indië (volgens 2001-sensus): 1 029 miljoen (afgerond).
Oppervlak van Indië: 3 174 723 km2 (afgerond).
Watter afleiding kan jy maak as jy die bevolkingsdigtheidsyfers van Suid- Afrika met die van Indië vergelyk?
Dit is belangrik om te onthou dat bogenoemde syfers slegs gemiddeldes is. Daar is dele in Suid-Afrika (en Indië) waar daar meer of minder mense per km2 woon.
Hou ‘n sensusopname in jou klas/graad.
Stel ‘n vraelys op met ongeveer 10 vrae wat geskik is vir ‘n sensusopname.
bv.
0 – 20
20 – 30
30 – 50
50+
In watter tipe woning woon jy?
woonstel
dorpshuis
huis op aparte erf
ander
Watter van die volgende artikels is in jou huis beskikbaar?
televisie
radio
mikrogolf
rekenaar
kamera
internet
selfoon
satelliettelevisie
Jou vrae moet op die breë publiek gemik wees, en nie net op die plaaslike bevolking nie.
Nadat die sensusopname deur jou klas/graad voltooi is, verwerk die inligting en stel dit op skrif. Bv. 30% besit televisies / 28% het toegang tot internet / 90% het selfone, ens.
Die volgende syfers verteenwoordig die grootte van die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika volgens die uitslag van die 1996-sensusopname:
Totale bevolking: | 40,6 miljoen |
Afrikane: | 31,1 miljoen |
Wit: | 4,4 miljoen |
Gekleurdes: | 3,6 miljoen |
Indiërs: | 1,1 miljoen |
Ander: | 0,4 miljoen |
Stel die bevolkingsamestelling vir 1996 grafies voor.
Stel nou een van die kriteria (vrae) grafies voor m.b.v. ‘n sirkeldiagram.
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik [vind bronne];
tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];
inligting kategoriseer [werk met bronne];
1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];
1.7 deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].
Notification Switch
Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?