<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die tekstielbedryf het ontstaan toe die mens uitgevind het dat die haarbedekking van sommige diere (bv. die skaap) gebruik kan word sonder om die dier te slag. Daar is toe ‘n manier gevind om hierdie vesels te gebruik en garing daaruit te vervaardig. Die veselagtige aard van sommige plante, soos die vlasplant, het dit moontlik gemaak om gare te spin wat dan tot lap geweef kon word.
Vandag word die meeste stowwe gebrei of geweef. Die vesels wat gebruik word, kan natuurlik wees en ook van plante of diere afkomstig wees.
Wol is afkomstig van skape
Katoen is afkomstig van die katoenplant
Sy word deur sywurms gespin
Vesels kan ook sinteties (kunsmatig vervaardig) wees. Sulke tekstiele word van minerale soos steenkool en olie gemaak. Voorbeelde van kunsvesels is nylon, akriel en poliëster. Somtyds word kunsvesels met natuurlike vesels vermeng. Sodoende kry ons byvoorbeeld poliësterkatoen.
Kyk hoeveel kledingstukke jy kan vind wat aandui dat daar poliësterkatoen gebruik is in die vervaardiging van die materiaal.
LU/AS 2.1 | ||||
Die lengte, digtheid, sterkte, fynheid en elastisiteit van die vesel, asook die vesel se weerstand teen chemikalieë en vogtigheid, sal bepaal watter kwaliteite die tekstiel wat daarvan vervaardig word, sal hê. Sodoende bepaal die eienskappe van die verskillende tipes vesel die eienskappe van die stowwe wat daarvan gemaak word. Die manier waarop die vesels gebrei of geweef word, speel ook ‘n rol, daarom behoort enige kledingstuk altyd ‘n etiket te dra waarop die tekstiel wat gebruik is, omskryf word, sowel as hoe die kledingstuk versorg / gewas behoort te word.
Bestudeer die volgende voorbeelde van sulke etikette en bespreek dit in groepverband:
LU/AS 1.1 | ||||
Kledingstuk | Tekstiel-omskrywing | Was- instruksies | Tekstuur van materiaal | Massa van materiaal | Rekbaarheid van materiaal |
Bv: T-hemp | 100 % katoen | koue handwas | sag | lig | min |
Omdat verskillende soorte materiale verskillende eienskappe het, kies mense verskillende soorte tekstiele vir spesifieke gebruike. Sagte stowwe word gewoonlik gebruik vir die maak van kledingstukke wat teen die lyf gedra word, terwyl warm truie en baadjies weer ander stowwe vereis.
Vesel | Eienskappe | Versorging |
Katoen | Koel.Kan vog absorbeer.Min rekbaar.Kreukel maklik.Baie ontvlambaar.Sag/grof afhangende van weefproses. | Masjien of hand / Lou-warm.Spoel deeglik uit.Hang op of tol.Gekleurde katoen bleik in son.Stryk met warm yster.Wit kan gebleik word. |
Wol | Hou hitte in.Rekbaar.Swak indien nat.Kan krimp. | Kreukel moeilik.Droogskoon / Handwas.Droog in skadu / Lê plat neer vir droog.Vermy stryk/anders koel yster. |
Kunsvesels | Sterk.Absorbeer nie vog nie.Maklik droog.Kreukeltraag.Krimp of rek nie. (Lycra is ‘n uitsondering)Smelt by hoë temperature. | Warm was met masjien of hand.Hang op of tol.Stryk nie nodig. |
Volg die volgende stappe en teken al jou waarnemings op ‘n tabel aan.
Kies drie verskillende soorte stowwe waarvan jy redelik seker is oor die vesel wat gebruik is tydens die vervaardigingsproses daarvan.
Neem dieselfde drie stukke kledingstowwe en hou dit naby aan ‘n vlam. Wat neem jy waar?
Plaas die stukkies kledingstof in water en kyk watter een absorbeer die water die maklikste.
Plaas nou die nat kledingstowwe buite en kyk watter een word die gouste droog.
Stof | 1. | 2. | 3. |
Vesel | |||
Duursaamheid | |||
Ontvlambaarheid | |||
Vogabsorbering |
LU/AS 2.1 | ||||
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
ondersoek : |
Ondersoek :1.1 die agtergrondkonteks, die aard van die behoefte, die omgewingsituasie, en die mense wat betrokke is wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid in ‘n plaaslike konteks gegee word, ondersoek; |
LU 2 |
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
verwerking :2.1 kennis en begrip toon van strukture. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?