Om data te ontleed vir betekenisvolle patrone en maatstawwe
AKTIWITEIT 1
Om data te ontleed vir betekenisvolle patrone en maatstawwe
[LU 5.3]
Nou gaan ons inligting insamel oor die lengtes van leerders in die klas. Maak ’n maatband langs die deur vas sodat dit perfek vertikaal is. As ’n maatband nie beskikbaar is nie, maak gerus ’n ander plan; dalk kan jy elke sentimeter ’n merkie maak met behulp van ’n liniaal.
Elke leerder trek haar skoene uit en staan met haar hakskene en rug styf teen die muur. Iemand wat lank genoeg is, hou ’n liniaal of stuk karton plat op haar kop om af te lees presies hoe lank sy is. Die beste is om die lesing in sentimeter te neem. Skryf die waarde op haar hand, of op ’n stukkie papier.
Die eerste berekening doen ons op ’n interessante wyse. As al die leerlinge gemeet is, staan almal
in ’n ry volgens lengte.
Vanuit hierdie ry kry ons die
eerste maatstaf van die gemiddelde van die leerders se lengtes. Skryf die lengte neer van die persoon wat presies in die middel van die ry is (ewe ver van die begin as van die einde). Hierdie waarde is die
mediaan . Daar is net soveel korter as langer leerders as sy. Let op: As daar ’n ewe getal leerders is, sal daar natuurlik nie ’n middelste wees nie. In daardie geval neem ons die twee middelstes, tel hulle lengtes bymekaar en deel die antwoord deur twee.
Skryf die mediaanlengte van die klas neer. Werk die mediaan vir seuns en meisies apart uit as daar beide seuns en meisies in die klas is.
Nou moet daar ’n frekwensietabel vir die lengtes opgestel word – gebruik telmerkies om te tel hoeveel van elke lengte daar in die klas is.
Gebruik die tabel met ouderdomme van susters en broers en werk die
mediaanouderdomme apart uit.
Jou tabel gaan dalk groot wees, maar hier is ’n kleiner voorbeeld:
Stem jy saam dat die mediaanlengte vir hierdie groep 162 cm is?
Bestudeer die getalle in die laaste ry (dis die frekwensies van die verskillende lengtes). Dit is duidelik dat 164 cm die lengte is wat die meeste voorkom, want daar is ses leerders wat 164 cm lank is. Hierdie waarde word die
modus genoem. Ons kan dit sien as die mees “gewilde” lengte.
Vervolgens bereken ons dié waarde wat gewoonlik as die gemiddelde bekend staan. Die regte naam is die
rekenkundige gemiddelde . Jy weet dalk alreeds hoe om dit te bereken: Tel al die waardes bymekaar en deel deur die aantal waardes. Vir die bostaande tabel deel jy 6 156 deur 38 om ’n rekenkundige gemiddelde lengte van 162 cm vir die klas te kry.
Ons kan die waardes tabelleer:
Mediaan
162 cm
Modus
164 cm
Gemiddelde
162 cm
Gebruik die tabel met ouderdomme van susters en broers en werk die modus en gemiddelde vir susters en broers apart uit. Maak ’n tabel daarvan soos langsaan.
Ons noem hierdie drie waardes (modus, mediaan en rekenkundige gemiddelde) saam die
middelwaardes . Hulle is al drie verskillende soorte
gemiddeldes . Daarom moet ons versigtig wees met die woord
gemiddelde , en seker maak dat die rekenkundige gemiddelde bedoel word en nie dalk die modus of mediaan nie.
Questions & Answers
material that allows electric current to pass through
the transfer of energy by a force that causes an object to be displaced; the product of the component of the force in the direction of the displacement and the magnitude of the displacement
A wave is described by the function D(x,t)=(1.6cm) sin[(1.2cm^-1(x+6.8cm/st] what are:a.Amplitude b. wavelength c. wave number d. frequency e. period f. velocity of speed.
A body is projected upward at an angle 45° 18minutes with the horizontal with an initial speed of 40km per second. In hoe many seconds will the body reach the ground then how far from the point of projection will it strike. At what angle will the horizontal will strike
Suppose hydrogen and oxygen are diffusing through air. A small amount of each is released simultaneously. How much time passes before the hydrogen is 1.00 s ahead of the oxygen? Such differences in arrival times are used as an analytical tool in gas chromatography.
the science concerned with describing the interactions of energy, matter, space, and time; it is especially interested in what fundamental mechanisms underlie every phenomenon
AI-Robot
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!