<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
4 Dis nie altyd nodig om mense te vra vir inligting nie; baie vrae kan beantwoord word deur net self ’n bietjie navorsing te doen. Byvoorbeeld:
4.1 Is die Engelse storieboeke in die biblioteek langer as die storieboeke in ander tale? Om hierdie vraag te beantwoord, kyk jy na die laaste bladsy van elke boek, en maak ’n paar somme.
4.2 As jy ’n storie vir ’n tydskrif wil skryf, hoe lank moet die storie wees? Kyk na verskeie uitgawes van die betrokke tydskrif en tel die woorde in hulle kortverhale. As jy dan die gemiddelde lengte van hulle kortverhale kan bereken (jy sal later meer hiervan leer), dan weet jy hoe lank joune moet wees.
5 Hoe gewild is jou gunsteling-akteurs? Tik hul name in op ’n internet-soekprogram en tel hoeveel “ hits” (artikels met die naam in) jy kry.
6 Jy kan ’n eksperiment saam met jou klasmaats doen. Lees die beskrywing hieronder en beplan versigtig hoe om dit uit te voer, wie wat gaan doen en hoe jy die resultate gaan aanteken. As alles beplan is, gaan voort met die eksperiment.
EKSPERIMENT
AKTIWITEIT 3
Om die geldigheid van die inligtingsinsamelingsproses te ondersoek
[LU 5.2]
LU 2 |
Patrone, Funksies en AlgebraDie leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel, en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 op verskillende maniere ‘n verskeidenheid numeriese en meetkundige patrone en verwantskappe ondersoek deur dit voor te stel en te veralgemeen, en deur die reëls onderliggend daaraan te verduidelik en te bewys (insluitend patrone in natuurlike en kulturele vorms, en patrone wat die leerder self geskep het); |
2.2 voorstellings maak van verwantskappe tussen veranderlikes en dit gebruik sodat invoer– en/of uitvoerwaardes op ‘n verskeidenheid maniere bepaal kan word deur die gebruik van: |
2.2.1 woordelikse beskrywings;2.2.2 vloeidiagramme;2.2.3 tabelle;2.2.4 formules en vergelykings; |
2.3 wiskundige modelle saamstel wat oplossings vir probleemsituasies voorstel, beskryf en voorsien, en verantwoordelikheid toon teenoor die omgewing en die gesondheid van ander (insluitend probleme binne menseregte-, sosiale, ekonomiese, kulturele en omgewingskontekste); |
2.4 vergelykings oplos deur inspeksie, deur ‘n proses van probeer–en–verbeter of algebraïese prosesse (optellings- en vermenigvuldigngsomgekeerdes, asook faktorisering) en die oplossings kontroleer deur vervanging; |
2.5 grafieke op die Cartesiese vlak teken vir gegewe vergelykings (met twee veranderlikes), of die vergelykings of formules bepaal van gegewe grafieke, deur, waar nodig, van tabelle gebruik te maak; |
2.6 die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël bepaal, ontleed en interpreteer, wat soos volg voorgestel word: |
2.6.1 woordeliks;2.6.2 in vloeidiagramme;2.6.3 in tabelle;2.6.4 deur vergelykings of uitdrukkings;
|
LU 5 |
DatahanteringDie leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
5.1 vrae stel oor menseregte-, sosiale, politieke, omgewings– en ekonomiese sake in Suid–Afrika; |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?