<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Soos die diere, het plante ook aangepas om in bepaalde omgewingstoestande te kan oorleef.
Aangesien water vir plante baie belangrik is om te kan oorleef, het hulle ten opsigte van die beskikbaarheid daarvan, aangepas. Plante kan in terme van hierdie aanpassings in drie groepe verdeel word:
Aktiwiteit: OM PLANTE UIT TE KEN
HIDROFIET | AANPASSING | VERKLARING |
Wortels | Swak ontwikkel, slegs vir ankering | |
Blare | Groot oppervlakteDrywendKutikula (waslagie) bo-opLugruimtes in blaarHuidmondjies (openinkies) aan bokant | |
Stingels | Min versterkingsweefsel Slymlaag Risoom (berg kos) |
XEROFIET | AANPASSING | VERKLARING |
Wortels | Vlak wortelstelselKurklaag | |
Blare | Min huidmondjies, hoofsaaklik aan onderkantKlein of omvorm tot dorings | |
Stingels | Dik en vlesigWaslaag |
Assessering vir opdrag:
Kon jy die regte verklarings gee vir elke aanpassing?
[LU 2.4]
Die San was na alle waarskynlikheid die eerste mense wat in Suider-Afrika gewoon het en tot vandag toe is ons gefassineer oor hoe hulle in die droogtetoestande kon oorleef het. Water was ’n beperkte hulpbron.
’n Mens sal nie ver hoef te soek om in die natuur en veral in die plante (xerofiete) van die oplossings te kry wat die San al eeue gelede ontdek het.
Assessering vir opdrag:
Kon jy ’n feitlik korrekte storie skryf oor die kultuur van die San en die Kalahari ekosisteem?
[LU 3.1]
Klasaktiwiteit: XEROFITIESE PLANTE – AANPASSINGS
AALWYN
KAKTUS
LITHOPS
WELWITCHIA
KOLOM A | KOLOM B | KOLOM C |
1. Welwitchia | A Vlak wortelstelsel om oppervlakkige klammigheid en dou op te vang | |
2. Lithops | B Stoor groot hoeveelhede vog | |
3. Kaktus | C Dik wasagtige laag (kutikula) | |
4. Kokerboom | D Twee lang blare met groewe wat water na binne laat inloop. | |
5. Aalwyn | E Droë blare of skilferagtige afdopsels wat plantstingel bedek | |
F Blare gemodifiseer het as dorings terwyl die stam vlesig geword het |
[LU 2.4]
Aktiwiteit: OM ‘N NAVORSINGSPROJEK AAN TE PAK
Meeste xerofiete word deur verskeie kultuurgroepe as medisyne en ’n verskeidenheid van ander gebruike aangewend. Selfs die primitiewe kultuurgroepe het duisende jare gelede reeds wetenskap beoefen deurdat hulle die waarde van plante bepaal het en wyses gevind het om dit te benut.
Assessering van NAVORSINGSPROJEK:
[LU 1.1; 1.2; 1.3]
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke kan beplan;
1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;
1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.
LU 2
Wetenskaplike Kennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
LU 3
Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dit is bewys as die leerder:
3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;
3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.
Aktiwiteit: UITKENNING - PLANTE
Aktiwiteit: VERKLAAR DIE VOLGENDE AANPASSINGS
OPDRAG: Storie
Klasaktiwiteit: XEROFITIESE PLANTE - AANPASSINGS
OPDRAG: Navorsingsprojek
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?