<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
LU/AS 1.1 – 1.2/1.5 – 1.9 | ||||
LU/AS 1.10/1.12 – 1.13 | ||||
Ontwerp en maak ‘n alarmstelsel met twee uitsette (‘n lig en ‘n gonser) wat by die deur van ‘n vertrek en in die vertrek geïnstalleer kan word. Hierdie toestel moet die mense in die vertrek kan inlig as iemand anders die vertrek deur die deur wil binnekom deur ‘n lig- en klanksein af te gee.
Situasie:
Die deur van die Tegnologie-klas is deur middel van ‘n lang gang met die lokaal verbind. Dit is somtyds baie moeilik vir die leerkrag om te hoor as iemand aan die deur klop. Dit veroorsaak dat die persoon moet skree of aan die deur moet hamer. Die leerkrag verkies dat die deur toe gehou word omdat leerders wat die klas stilletjies binnekom, soms met apparaat of ander leerders se produkte peuter.
Ondersoek:
Analiseer
Skryf die probleem in jou eie woorde neer.
Navorsing:
Maak ‘n lys van bestaande produkte en moontlike oplossings. Plak prente van produkte en verskaf ook hul pryse.
Modelwerk:
Ondersoek verskillende soorte skakelaars en maak modelle van verskillende tipes wat aangewend kan word om die probleem op te los.
Ontwerp:
Ontwerpvoorstel (Wie? Wat? Waar? Wanneer? In staat wees om. . .)
Spesifikasie en voorskrifte
Aanvanklike ontwerpe / oplossings
Finale keuse met redes
Finale ontwerp (ontwikkel ontwerp en oplossing finaal)
Vervaardiging:
Maak ‘n lys van alles (materiale en gereedskap) wat jy benodig. Voeg ook die hoeveelhede en afmetings by. (LU 7.1.3.1)
Benodigdhede | Hoeveelhede / afmetings |
Voltooi ‘n eenvoudige vloeidiagram om die verskillende stappe in die maak van jou produk te verduidelik. (LU 7.1.3.1)
Teken ‘n eenvoudige werktekening van jou finale produk. Gebruik kleur, inskaduwing, dik en dun lyne en skaduwing.
Evaluering
Produk
Proses
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
ondersoek : |
1.2 bestaande produkte ondersoek wat toepaslik is vir ‘n probleem, situasie of behoefte gebaseer op die volgende kernaspekte van ontwerp:1.2.1 mense;1.2.2 doel;1.2.3 voorkoms;1.2.4 omgewing;1.2.5 veiligheid;1.2.6 koste; |
1.3 ondersoek uitvoer deur middel van eenvoudige praktiese toetse met betrekking tot aspekte van die tegnologiese kennisvelde (Strukture, Verwerking, Stelsels en Beheer); |
1.4 tydens ondersoeke ‘n strategie beplan vir die versameling van data en inligting wat die volgende insluit:1.4.1 identifiseer soorte tegnologie en metodes;1.4.2 oorweeg die bron, hulpbronne en kopieregwette;1.4.3 gebruik soektegnieke;1.4.4 verkry toepaslike data vir spesifieke doeleindes;1.4.5 maak sinvolle opsommings; |
ontwerp : |
1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid; |
1.7 minstens twee alternatiewe oplossings genereer en die idees annoteer; |
1.8 moontlike oplossings kies, sinvolle redes vir keuse gee en ‘n gekose idee deur middel van grafika of modelleringstegnieke ontwikkel; |
maak : |
1.9 ‘n plan ontwikkel vir die maak van ‘n produk, met besonderhede oor al die volgende:
|
1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies en gebruik om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond; |
1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesifikasies en beperkings verband hou, en verbeteringe of wysigings voorstel; |
1.13 die doeltreffendheid van die plan van aksie wat gevolg is evalueer en voorstel hoe toekomstige planne verbeter kan word. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?