<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Energie, kragte en masjiene

Module 23

Masjiene maak werk makliker

Aktiwiteit 1:

Om ’n verskeidenheid toestelle met mekaar te vergelyk

[lu 1.3; lu 2.2; lu 2.3]

Masjiene is tegnologies-ontwerpte apparate wat werk kan verrig, veral deur energie van een vorm na ’n ander om te skakel.

  • Energie maak werk moontlik.
  • Werk is die oordrag van energie.
  • Die hoeveelheid energie wat aangewend word, is gelykstaande aan die hoeveelheid werkverrigting wat gelewer word.

Klein masjiene kan dus soms baie effektief die drywing doen waarvoor ons as mense bloot nie kans sien nie.

Wanneer jy egter elektriese toerusting koop wat vir jou werkverrigting moet gee, moet jy altyd na die kilowatt-drywing kyk. So sal jy kan bepaal of dit goeie werkverrigting sal gee.

Gevallestudie

Vergelyk TOESTELLE

  • Jy moet vir jou suster ’n nuwe haardroër koop vir haar verjaarsdag en jou ma se ketel, wat gebreek het, vervang.
  • Jou suster was elke dag haar hare en staan laat op. Sy bestee 20 minute in die oggend om haar hare droog te blaas.
  • Jou ma maak gereeld tee vir julle gesin en vriende wat kom kuier – ten minste vier koppies op ’n slag en ten minste vyf keer per dag.

Gaan vergelyk modelle en pryse by ’n groothandelaar. Let veral ook op na werkverrigting en maak ’n aanbeveling ten opsigte van wat jy kan koop.

  • Skryf ’n kort verslag hieroor.

Assessering van GEVALLESTUDIE oor toestelle

Kon jy informasie interpreteer en kennis toepas?

[LU 1.3; LU 2.2; LU 2.3]

Aktiwiteit 2:

Om eenvoudige meganiese toestelle in terme van kragte te kan bespreek

[lu 2.1; lu 2.3]

Elektrisiteit was in die verlede nie altyd vryelik beskikbaar nie en op baie gebiede maak ons steeds op eenvoudige, meganiese toestelle staat.

Kyk na die volgende sketse en bespreek in groepe hoe die volgende toestelle werk, waar krag toegepas moet word en waar die draaipunt op elk is.

  • Voltooi die tabel:
Toestel Gebruik Punt waar krag toegepas word Die effek van die krag: waar en hoe
Botteloopmaker
Besem
Tang
Kruiwa

Kon jy inligting in kategorieë plaas?

[LU 2.1; LU 2.3]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Aktiwiteit 1:

  • Die gevolgtrekking moet wees dat dit beter is om toestelle met hoër Watt-kapasiteit te gebruik

Aktiwiteit 2:

Toestel Gebruik Punt waar krag toegepas word Die effek van die krag: waar en hoe
Botteloop­maker
  • Doppie afknik
  • Handvatsel
Oplig van doppie se rand
Besem
  • Vee-aksies
  • Bopunt van stok
Kort bewegings bo maak groot bewegings onder moontlik
Tang
  • Knyp-aksies
  • Handvatsels
Handvatsels langer as knyp-aksie, gee krag
Kruiwa
  • Vervoer van vrag
  • Handvatsels op punt van stange
Vrag word versprei tussen wiel en persoon wat stoot

Questions & Answers

what is the anterior
Tito Reply
Means front part of the body
Ibrahim
what is anatomy
Ruth Reply
To better understand how the different part of the body works. To understand the physiology of the various structures in the body. To differentiate the systems of the human body .
Roseann Reply
what is hypogelersomia
aliyu Reply
what are the parts of the female reproductive system?
Orji Reply
what is anatomy
Divinefavour Reply
what are the six types of synovial joints and their ligaments
Darlington Reply
draw the six types of synovial joint and their ligaments
Darlington
System of human beings
Katumi Reply
System in humans body
Katumi
Diagram of animals and plants cell
Favour Reply
at what age does development of bone end
Alal Reply
how many bones are in the human upper layers
Daniel Reply
how many bones do we have
Nbeke
bones that form the wrist
Priscilla Reply
yes because it is in the range of neutrophil count
Alexander Reply
because their basic work is to fight against harmful external bodies and they are always present when chematoxin are released in an area in body
Alexander
What is pathology
Samuel Reply
what is pathology
Nbeke
what's pathology
Nbeke
what is anatomy
ESTHER Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask