<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
4 Hegstuk – ’n enkelhegstuk van ’n strokie afgesny.
5 3 Volt-batteryhouer met drade aangeheg.
6 Hegstuk – dubbelhegstuk van strokie afgesny.
7 Draad – om die voelstafie aan die stroombaan te koppel.
INSET
Hand
PROSES
Beweeg saam met gevormde draad
UITSET
Waarskuwing(lig en klok)
Terugvoer aan gebruiker AAN / AF
Situasie 2
Ons almal is bewus van die nadele wat rook vir jou inhou. Selfs passiewe rokers word erg benadeel deur persone wat in hul teenwoordigheid rook. Gebruik ’n ou medisynebottel om ’n anti-rook-teken te vervaardig. Die teken moet ’n stroombaan bevat wat rokers se aandag sal trek. Jy kan ’n flikker-LED gebruik om die teken meer doeltreffend te maak.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
tegnologiese prosesse en vaardighedeDie leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit word bewys as die leerder: |
ondersoek:1.1 die agtergrondkonteks, die aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat betrokke is wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid in ‘n nasionaal relevante konteks gegee word ondersoek; |
1.2 bestaande produkte wat met die probleem verband hou, ondersoek; |
1.3 praktiese toetse in die tegnologiese veld ontwikkel en uitvoer; |
Memorandum
Leerders moet hier self prakties ontdek. Baie skole het nog houtborde wat geskik is vir die praktiese oefening in die Skeinat-klaskamers. Die broodborde is ook baie geskik vir die doel, aangesien stroombane baie vinnig gebou kan word. LED’s kan dan in die plek van die gloeilampe gebruik word. Dit is ook ‘n ideale tyd om die multimeter te gebruik. Leerders kan dan nou lesings neem terwyl hulle werk.
Let daarop dat LED’s se langbeen positief is en die kortbeen negatief. Die komponent moet dus korrek gekoppel word en deur ‘n weerstand beskerm word.
Opdrag 6
6.1 a) 1,5 V + 1,5 V = 3 V
b) Uitset brand dowwer.
6.2 a) 1,5 V
b) Geen waarneembare effek nie, maar battery sal vinniger ontlaai.Dof
6.3 a) Ander brand nie.
b) Almal brand flouer.
c) 3 V (as inset battery 3 V is en daar geen weerstand is nie)
6.4 a) Die ander een brand nog.
b) Almal sal ewe sterk brand.
c) 3 V (as inset battery 3 V is en daar geen weerstand is nie).
6.5 a) Dit beskerm die LED’s in die stroombaan.
b) R1 + R2 = RT (formule vir serie-geskakelde weerstande).
Fokustaak 3:
Om die vaardigheid van soldering te bemeester
Soldering:
Die onderstaande skets toon die basiese benodigdhede om te kan soldeer. Die soldeersel is ‘n allooi van lood en tin. Dit het sy eie vloeimiddel in die middel om die soldeersel te help vloei.
Situasie 1
Die onderstaande voorbeelde is ‘n goeie aanduiding van hoe die finale idees van die leerders behoort te lyk (‘n 150 mm × 50 mm × 22 mm houtbasis kan gebruik word). Indien die leerders ‘n agtergrond wil hê, kan ‘n 3 mm-groefie in die hout gesaag word waarin die hardebord dan sal pas. Verskillende motiewe kan op die agtergrond geverf of selfs prente opgeplak word om by die draadvorm (tema) aan te sluit.
Situasie 2
Leerders kan afvalhouers, soos plastiese bottels, gebruik om motiewe, bv. ‘n voorstelling van ‘n persoon se longe, op te teken met permanente koutjies. Die stroombaan kan op ‘n strookbord gebou word met lang draadjies vir die batterykoppeling sodat die battery aan die buitekant van die bottel kan bly. Die stroombaanbordjie kan binne die bottel gesit word, indien die bottel aan die agterkant oopgesny word.
By beide situasies moet die leerders die probleem binne die situasie identifiseer en formuleer. Hulle moet hulle eie ontwerpvoorstel skryf en die opvoeder kan spesifikasies gee na aanleiding van sy klas, materiale, toerusting en beskikbaarheid van komponente. Leerders se idees kan bv. verskillende stroombaanuitlegte wees, sowel as van verskillende ontwerpe van motiewe. U assesseer hulle modelletjies.
Elke leerder moet sy eie portefeulje produseer met voorblad.
Om te soldeer moet die volgende stappe gevolg word:
Maak seker dat die las stil gehou word (“third hands”).
Maak die las warm met die soldeerbout.
Plaas ‘n bietjie soldeersel op die las.
‘n Blink las moet vorm na afkoeling.
Daar moet op die volgende gelet word:
Die las moet skoon wees.
Gee 3 – 5 sekondes vir die las om warm te word.
Gebruik die regte grootte soldeerbout vir die werk.
‘n Praktiese wenk: Wanneer twee drade aan mekaar gesoldeer moet word, is dit wys om eers die twee punte apart te soldeer en dan te las – dit staan bekend as “sweating”. Gebruik ou PCB’s (“printed circuit boards”) om soldering op te oefen.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?