<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Werkverrigting (arbeid) is belangrik, maar die SPOED waarteen die werk gedoen word, is eweneens belangrik.
DRYWING = ARBEID / TYD
Ons meet dit in J/s of beter bekend as Watt (W)
1J per sekonde lewer 1 Watt drywing
Meet jou eie drywingsvermoë
Voltooi die volgende tabel:
Aspek | Meting |
Traphoogte | . |
Massa | |
Gewig | |
Werk gedoen: F x s | |
Tyd |
VRAE
1. Wat was jou drywing?
2. Waarvoor staan
a) Kilowatt?
b) Kilowatt-uur?
3. Vind uit wat die drywingskrag van die gemiddelde motor (gestel jou onderwyser s’n) is.
4. Sal jy kans sien om jou onderwyser se motor huis toe te stoot?
5. Waarom sal dit makliker wees as die enjin dit doen, selfs al sou jy die tyd hê en jou maats jou help?
6. Bereken wat ’n 3 000 W-verwarmer wat vir ’n maand lank (Julie) 4 ure per dag aangeskakel was jou sal kos teen ’n tarief van R0,35 per kWh.
Assessering van BEREKENING van DRYWINGSVERMOË
Kon jy kennis toepas en berekeninge doen?
[LU 2.3; LU 2.4]
Vind uit wat 1 kWh elektrisiteit in jou munisipale area kos.
Gestel jy gebruik die volgende toestelle deur die loop van die dag:
Elektriese toestel | Drywing (kW) |
Rekenaar | |
Televisie | |
Lamp | |
Ketel | |
Stoof | |
Haardroër |
Voltooi nou die volgende tabel vir jou kosteberekening:
TOESTEL | DRYWING (kW) soos hierbo | TYD gebruik(ure) | Energie verbruik (kW/h) | Koste @ R1,50 per uur | |
Rekenaar | |||||
Televisie | |||||
Lamp | |||||
Ketel | |||||
Stoof | |||||
Haardroër |
VRAE
1. Watter gevolgtrekking kan jy maak?
2. Besef jy dat energie spaarsamer gebruik behoort te word? Gee jou eie mening hieroor.
3. Bereken die volgende:
a) ’n Bergklimmer met ’n massa van 75 kg klim ’n krans van 320 meter hoog in 20 minute uit. Bereken sy drywing.
b) ’n Groot kas van 150 kg moet tydens ’n trekkery met trappe van so 5 m hoog opgedra word.
Assessering van NAVORSING oor toestelle
Kon jy die inligting bekom en die berekenige doen?
Kon jy kategoriseer?
[LU 1.1; LU 1.2; LU 2.2; LU 2.4]
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit word bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke beplan;
1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.
LU 2
Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;
2.2 inligting kan kategoriseer;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
Vrae:
Drywing = Arbeid(werk) Tyd
Arbeid = Krag (F) x s
Gewig = Massa x 10 = Kg
= F x s Tyd =
2. a) 1000 Watt, m.a.w. 1 000 X Joule/sekonde
b) Die hoeveelheid kW wat per uur gelewer of verbruik word
3. Groter motors ongeveer 100kW; kleiner karre ongeveer 70kW
4. –
5. Enjin het groter drywing/vermoë om werk te verrig
6. Bereken eers totale energieverbruik (kWh):
= kW x h (uur)= 3 kW x 124 h= 372 kW
Bereken dan die koste:
= 372 x R0,35= R130,20
Toestelle se drywing per uur (min of meer):
Vrae:
1. Hoe groter die drywing, hoe duurder die koste om te gebruik
2. Debat
3. a) W = F x s= (75 x 10) x 320= 750 x 320= 240 000 J
b) W = F x s = (150 x 10) x 5= 7 500 J
Een werker se werkverrigting = 12,5 2= 6,25 W
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?