<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
BRON J
Die Ruimtetuig:
Lanseerplek:
Die Baikonoer Kosmodroom in Kazachstan (Asië), die wêreld se oudste lanseerterrein. Die wêreld se eerste satelliet, Spoetnik, is in 1957 hier gelanseer.
Die eerste man in die ruimte, Yuri Gargarin, is vier jaar later ook hiervandaan gelanseer.
Bestemming:
Internasionale ruimtestasie; ’n reuse, bemande stasie, waaraan daar nog steeds gebou word terwyl dit 400 km bo die aarde wentel.
Gesamentlike projek van 16 nasies wat biljoene dollars kos.
BRON K
In April 2002 het ’n Suid-Afrikaner, Mark Shuttleworth, die tweede ruimtetoeris geword toe hy ook deur ’n Soyuzruimtetuig vanaf Baikonoer na die ruimtestasie gelanseer is. Mark het verskeie wetenskaplike projekte in die ruimtestasie uitgevoer.
VORM VAN ASSESSERING: BRONGEBASEERDE AKTIWITEIT
1. Watter ooreenkomste en verskille kan jy in hierdie bronne identifiseer?
2. Waaroor stem die twee persone in bronne C en D saam?
3. Bestudeer bron B. Wat sou jy sê sou in die boek oor Koue Oorlog Wetenskap voorkom? Waaraan sou die skrywers aandag gee?
4. Bestudeer bron E. Was dit nodig vir Amerikaners om bomskuilings te bou (bron F)?
5. Wat is die ooreenkoms tussen dié twee bronne?
6. Verduidelik die nagevolge wat kernwapens op die mens kan hê deur dié twee bronne te bestudeer.
7. Bestudeer bron I. Wat sou jy sê het die lansering van Spoetnik se lansering op die VSA tot gevolg gehad?
8. Bronne I, J en K vermeld die Baikonoer kosmodroom in Kazachstan. Gebruik die drie bronne en jou kennis en skryf ’n paragraaf waarin jy verduidelik hoe die Russiese en Amerikaanse ruimteprogramme sedert die Koue Oorlog verander het en hoe dit tot voordeel van die mensdom aangewend word.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne]; |
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne]; |
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne]; |
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag]; |
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord]. |
LU 2 |
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie]; |
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg]; |
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg]; |
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit]. |
LU 3 |
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie]; |
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie]; |
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie]; |
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede]. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?