<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Aktiwiteit 1:
Om die eienaarsbelang van die onderneming te bereken
LU 3.5 | ||||
Indien die eienaar van ’n onderneming sou besluit om die onderneming te verkoop, sal die prys wat hy daarvoor vra verteenwoordigend wees van die nettowaarde.
Dit hang nou saam met die eienaarsbelang wat verwys na ’n belang van die eienaar in die bates van die onderneming. Die bates van die onderneming verteenwoordig waarde. Die eienaar van die onderneming kan aanspraak maak op dit wat oorbly nadat die skuldeisers betaal is. Dit kan in die vorm van die basiese rekeningkundige vergelyking voorgestel word naamlik: Bates = Eienaarsbelang + Laste.
Kontant in Bank R 580
Grond en Geboue R130 000
Meubels R 6 785
Kantoortoerusting R 7 800
Debiteure R 5 000
Afleweringsvoertuig R 50 000
Cumpen Boekwinkel R 8 400
CD Toerusting R 2 900
ELFI Meubels R 1 765
Om die invloed van transaksies op die rekeningkundige vergelyking te bereken
LU 3.5 | ||||
In die sakewêreld word daagliks transaksies aangegaan. Dit is gebeurtenisse wat in terme van geld gemeet kan word. Hierdie transaksies, wat die oordrag van waarde is van een party na ’n ander, het altyd ’n invloed op die elemente van die rekeningkundige vergelyking.
TIPE TRANSAKSIE | INVLOED OP REKENINGKUNDIGE VERGELYKING |
1 Kapitaalbydrae deur die eienaar |
|
2 Onttrekking van kapitaal deur eienaar (neem van die onderneming se geld vir eie gebruik) |
|
3 Aankoop van bates vir kontant |
|
4 Betaal uitgawes soos telefoon, lisensie, water en ligte |
|
5 Ontvang geld vir dienste gelewer |
|
OPDRAG 1:
1 Die eienaar deponeer R5 000 in die onderneming se bankrekening.
2 Die onderneming koop toerusting vir kontant, R2 000.
3 Die onderneming ontvang diensgeld, R2 500.
4 Betaal kantoorhuur vir die maand, R1 000.
5 Die eienaar trek ’n ondernemingstjek vir sy eie gebruik, R200.
No. |
Bates | Eienaarsbelang | ||
Invloed | Rede | Invloed | Rede |
LU 3.5 | ||||
OPDRAG 2:
1 Koop ’n gebou van Kalahari Bpk. en betaal per tjek R17 000.
2 Betaal Caledon Voorsieners per tjek vir skoonmaakmateriaal R163.
3 Die eienaar W. Wilmans deponeer addisionele kapitaal R5 000.
4 W. Wilmans trek ’n ondernemingstjek om vir herstelwerk aan sy woonhuis te betaal R250.
5 Betaal R1 000 as huuruitgawe vir kantore.
6 Betaal R500 aan Eskom vir elektrisiteit.
7 Ontvang R850 vir dienste gelewer
No. |
Bates | Eienaarsbelang | ||
Invloed | Rede | Invloed | Rede |
LU 3.5 | ||||
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 3 |
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Ons weet dit as die leerder: |
3.1 tussen finansiële begrippe onderskei wat in die sakewêreld gebruik word (bv. vaste bates, bedryfsbates, laste, eienaarsbelang); |
3.2 leiers- en bestuurstrategieë wat ‘n opbrengs uit beleggings sal verseker ontwikkel; |
3.3 brondokumente (bv. kwitansies, depositostrokies, tjeks) kan invul en rekord hou van elementêre kontanttransaksies in ‘n staat van ontvangste en betalings; |
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om basiese inligting te ontwikkel, te bewaar en te herwin; |
3.5 die begrip netto waarde verduidelik en ontleed ‘n staat daarvan; |
3.6 die verskillende metodes om te spaar ondersoek en te belê (bv. spaarrekenings, vaste deposito’s, aandele, effektetrusts), en bereken opbrengste uit ‘n verskeidenheid beleggings. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?