<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 9

Luisterlees

Dit woel egter nie net in die see nie. Daar is baie ander plekke waar dit in die water woel of waar die water self woel! ‘n Ander plek waar die water besonder baie woel, is by watervalle .

Luister baie aandagtig, terwyl julle opvoeder vir julle ‘n kort leesstuk oor watervalle voorlees.

Luisterleestoets

Nadat die opvoeder die leesstuk twee maal hardop voorgelees het, moet julle die onderstaande vrae beantwoord. Maak slegs ‘n ( ) in die Ja- of Nee kolom.

JA NEE
  1. Die Niagara-waterval is een van die bekendste watervalle in die wêreld.
  1. Hierdie waterval is in die Zambezi-rivier.
  1. Die waterval vorm deel van die grens tussen die VSA en Kanada.
  1. Die VSA is die Verenigde State van Amerika.
  1. Die Niagara-waterval bestaan eintlik uit vier watervalle.
  1. Die Amerikaanse waterval is aan die Amerikaanse kant van die grens.
  1. Die Perdvallei-waterval is aan die Kanadese kant van die grens.
  1. Die Amerikaanse waterval is die hoogste waterval van die Niagara-watervalle.
  1. Die Niagara-waterval is 1 200 jaar gelede gevorm.
  1. Die Niagara-waterval vries elke winter.

Assessering onder leiding van die opvoeder.

Totale punt uit
10
LU 1.1.1

Die vreeslose salm

Daar is min diere wat kan oorleef in die vinnig-vloeiende waters van ‘n hoogliggende (upland) rivier met sy watervalle en stroomversnellings (rapids). Die meeste visse verkies stadig-vloeiende water. Daar is egter een vis wat glad nie bang is vir sterk rivierstrome nie! Dit is die Pasifiese salm. Hierdie vissoort word gebore in varswaterstrome of riviere, en swem dan see toe. Wanneer hulle oud genoeg is om te broei, swem hulle terug na die rivier toe waar hulle gebore is. Sommige van hulle swem tot 3 200 km en die reis duur baie maande.

Bestudeer nou die lewensiklus van die Pasifiese salm.

Bespreek die lewensiklus van hierdie vis in julle groepe. Hierdie beskrywings is nie in volsinne geskryf nie, maar slegs in telegramstyl. Verander die sinne nou onderlings in volsinne.

LU 2.3.3

Skriftelike werk

Skryf nou hierdie lewensiklus oor. Gebruik volsinne om die lewensiklus te beskryf.

LU 4.5.1

Die volgende verhaal is ‘n ware verhaal. Dit handel oor die ontdekking van ‘n baie bekende waterval in Afrika. Die hoofspeler in hierdie verhaal is dr. David Livingstone, ‘n ontdekkingsreisiger uit Engeland.

Lees hierdie verhaal hardop voor in julle groepe. Elke leerder kan ’n paragraaf op ‘n slag lees. Help mekaar met die uitspraak van woorde. Daar is ‘n klompie nuwe woorde in hierdie verhaal en hulle Engelse vertaling verskyn langsaan tussen hakies.

Die rook wat raas

Dit is die jaar 1855. Vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd word dr. Livingstone vriendelik behandel. Hoofman (Chief) Sekeletu van Makola-land laat hom baie welkom voel. Hy is vyandig behandel deur byna al die ander hoofmanne en moes soms vir sy lewe vlug.

Dr. Livingstone se gasheer (host) en sy manne gaan sit om die vuur en roep hom om vir hulle van sy wedervaringe (experiences) te kom vertel. Livingstone het al vele avonture beleef sedert hy in die “Donker Kontinent”, Afrika, aangekom het. Hy vertel vir hulle hoe hy in die kake van ‘n leeu beland het en hoe hy aangeval is deur kannibale (cannibals) en slawehandelaars (slave traders). Hy is ook byna dood aan maagkoors en malaria, maar tog is hy wêreldwyd beroemd as die man wat die kaart van ‘n groot deel van Afrika korrek oorgeteken het.

Questions & Answers

what are components of cells
ofosola Reply
twugzfisfjxxkvdsifgfuy7 it
Sami
58214993
Sami
what is a salt
John
the difference between male and female reproduction
John
what is computed
IBRAHIM Reply
what is biology
IBRAHIM
what is the full meaning of biology
IBRAHIM
what is biology
Jeneba
what is cell
Kuot
425844168
Sami
what is biology
Inenevwo
what is cytoplasm
Emmanuel Reply
structure of an animal cell
Arrey Reply
what happens when the eustachian tube is blocked
Puseletso Reply
what's atoms
Achol Reply
discuss how the following factors such as predation risk, competition and habitat structure influence animal's foraging behavior in essay form
Burnet Reply
cell?
Kuot
location of cervical vertebra
KENNEDY Reply
What are acid
Sheriff Reply
define biology infour way
Happiness Reply
What are types of cell
Nansoh Reply
how can I get this book
Gatyin Reply
what is lump
Chineye Reply
what is cell
Maluak Reply
what is biology
Maluak
what is vertibrate
Jeneba
what's cornea?
Majak Reply
what are cell
Achol
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask