<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Dit woel egter nie net in die see nie. Daar is baie ander plekke waar dit in die water woel of waar die water self woel! ‘n Ander plek waar die water besonder baie woel, is by watervalle .
Luister baie aandagtig, terwyl julle opvoeder vir julle ‘n kort leesstuk oor watervalle voorlees.
Nadat die opvoeder die leesstuk twee maal hardop voorgelees het, moet julle die onderstaande vrae beantwoord. Maak slegs ‘n ( ) in die Ja- of Nee kolom.
JA | NEE | |
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
Assessering onder leiding van die opvoeder.
Totale punt uit | |
10 |
LU 1.1.1 |
Daar is min diere wat kan oorleef in die vinnig-vloeiende waters van ‘n hoogliggende (upland) rivier met sy watervalle en stroomversnellings (rapids). Die meeste visse verkies stadig-vloeiende water. Daar is egter een vis wat glad nie bang is vir sterk rivierstrome nie! Dit is die Pasifiese salm. Hierdie vissoort word gebore in varswaterstrome of riviere, en swem dan see toe. Wanneer hulle oud genoeg is om te broei, swem hulle terug na die rivier toe waar hulle gebore is. Sommige van hulle swem tot 3 200 km en die reis duur baie maande.
Bestudeer nou die lewensiklus van die Pasifiese salm.
Bespreek die lewensiklus van hierdie vis in julle groepe. Hierdie beskrywings is nie in volsinne geskryf nie, maar slegs in telegramstyl. Verander die sinne nou onderlings in volsinne.
LU 2.3.3 |
Skryf nou hierdie lewensiklus oor. Gebruik volsinne om die lewensiklus te beskryf.
LU 4.5.1 |
Die volgende verhaal is ‘n ware verhaal. Dit handel oor die ontdekking van ‘n baie bekende waterval in Afrika. Die hoofspeler in hierdie verhaal is dr. David Livingstone, ‘n ontdekkingsreisiger uit Engeland.
Lees hierdie verhaal hardop voor in julle groepe. Elke leerder kan ’n paragraaf op ‘n slag lees. Help mekaar met die uitspraak van woorde. Daar is ‘n klompie nuwe woorde in hierdie verhaal en hulle Engelse vertaling verskyn langsaan tussen hakies.
Dit is die jaar 1855. Vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd word dr. Livingstone vriendelik behandel. Hoofman (Chief) Sekeletu van Makola-land laat hom baie welkom voel. Hy is vyandig behandel deur byna al die ander hoofmanne en moes soms vir sy lewe vlug.
Dr. Livingstone se gasheer (host) en sy manne gaan sit om die vuur en roep hom om vir hulle van sy wedervaringe (experiences) te kom vertel. Livingstone het al vele avonture beleef sedert hy in die “Donker Kontinent”, Afrika, aangekom het. Hy vertel vir hulle hoe hy in die kake van ‘n leeu beland het en hoe hy aangeval is deur kannibale (cannibals) en slawehandelaars (slave traders). Hy is ook byna dood aan maagkoors en malaria, maar tog is hy wêreldwyd beroemd as die man wat die kaart van ‘n groot deel van Afrika korrek oorgeteken het.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?