<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ondanks al hierdie skokfeite neem die dodetal op ons paaie jaarliks toe. Is dit dalk ‘n kwessie van: “Dit kan nie met my gebeur nie?”

‘n Paar gulde reëls om in gedagte te hou: alkohol en petrol is nie ‘n gesonde mengeldrankie nie; spoed laat dinge – ook ongelukke – soveel vinniger gebeur; verkeersreëls is nie gemaak om gebreek te word nie.

Op Gautengse paaie het sedert 1 Desember 115 mense gesterf, in KwaZulu-Natal 97, in die Oos-Kaap en Vrystaat elk 64, in Mpumalanga en Noordwes elk 60, in die Noordelike Provinsie 17 en in die Noord-Kaap 16. Die landwye totaal is 563.

  • Die helfte minder mense het sedert die begin van die feestyd op paaie in die Oos-Kaap gesterf as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, het Burton Fourie eergister uit Port Elizabeth berig.

Volgens mnr. Tsepho Machaea, woordvoerder vir die padveiligheidsprojek Kom Veilig Daar , het altesame 64 mense vanjaar hul lewe op die provinsie se paaie verloor.

In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar het die dodetal reeds op 120 gestaan.

  • Byna 40% van al die sterfgevalle op Suid-Afrikaanse paaie is voetgangers, het mnr. Dullah Omar, minister van vervoer, op Oukersdag by ‘n padblokkade van die veldtog Kom Veilig Daar op George gesê.

“As elke motoris en voetganger gehoor gee aan ons padreëls, sal ons dié slagting kan beperk.”

Verwerk uit Die Burger , 29 Desember 2001 en SALUS (Volume 12 nr. 6)

  1. Beantwoord die volgende vrae skriftelik deur bostaande artikel te raadpleeg:
  • Wat bedoel mnr. Africa as hy sê dat die boetes vir spoedoortredings belaglik is?
  • ‘n Mens hoef nie besope te wees om ‘n gevaar op die pad te wees nie. Watter invloed het die gebruik van alkohol op die mens wat ‘n oorsaak van padongelukke kan wees?
  • Wat verstaan jy onder die volgende?
  • ‘n skrikwekkende gedagte
  • vandeesmaand
  • tieners raak in al hoe groter mate mobiel
  • Watter grootste enkele aspek van motoriste in die Wes-Kaap (en ook in ander provinsies) moet verander om die baie sterftes op ons paaie met feestyd te keer?
  • Wat het die skrywer in gedagte as hy/sy sê: “Is dit dalk ‘n kwessie van dat dit nie met my kan gebeur nie?”
  • Wat word met die volgende uitdrukkings bedoel?
  • Alkohol en petrol is nie ‘n gesonde mengeldrankie nie.
  • ‘n Sopie of twee agter die blad.
  • ‘n Swart boodskap.
LU/AS 3.1.2
  • Ontwerp ‘n teken (embleem) om motoriste van die gevaar van drink en bestuur bewus te maak.
LU/AS 4.1.3

‘n Artikel gaan aan julle voorgelees word. Eers word die artikel in sy geheel vir julle voorgelees sodat julle dit kan geniet en inligting bekom. Daarna gaan paragraaf vir paragraaf aan julle voorgelees word en julle moet dan die hoofgedagte in elke paragraaf bepaal en onderstreep. Elkeen gaan ook ‘n artikel, wat die hoofgedagte saamvat, skryf.

LU/AS 1.5

Sakelui met ‘n dodelike produk

Snags staan hulle skouer aan skouer op plekke soos Kloofstraat en Tuine en in Seepunt se Hoofweg. Hulle praat nie Afrikaans, Engels of enige van die inheemse tale nie en verkoop dwelms. Jan Taljaard het na die Nigeriese konneksie gaan kyk wat volgens alle getuienis nie net die Suid-Afrikaanse dwelmhandel oorneem nie, maar ook nuwe markte skep. Om hul vas te trek, is ‘n reusetaak, want hul sorg altyd dat hulle ‘n alibi het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask