<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2. Plant 'n stok in die grond by elke hoek. Bind die punt van die tou aan een van die stokke en draai die tou al langs die rand van die beplande hok af en om elkeen van die stokke, totdat jy weer by die eerste stok uitkom. Die tou dui nou aan waar jy die heining gaan oprig.

3. Meet hoeveel tou julle gebruik het en teken dit aan.

Teken 'n diagram van die hoenderhok op 'n skoon vel papier. Voorsien die diagram van 'n opskrif en dui die lengte en breedte op die diagram aan.

5. Bereken hoeveel ogiesdraad jy nodig het om reg rondom die hoenderhok te span. (Jy het nie 'n hek nodig nie; jy kan sommer bo-oor tree.)

6. 'n Uitdaging: Bou 'n model van jou hoenderhok. Jy kan dit selfs volgens skaal bou. Vra die opvoeder om jou hiermee te help. (Gebruik 'n eenvoudige skaal, bv. 1 cm =1 m)

TOETS JOU VORDERING

1. Voltooi die volgende:

  • 6 578 g = _______ kg
  • 5,703 km = _________ m
  • 6 712 mℓ = _________ liters
  • 7 68 mm = ___________ m
  • 34 mm = ____________m (5)

Vind oplossings vir die volgende somme en skryf jou berekeninge stap vir stap neer:

2. Tel bymekaar: 87 mm + 4 568 mm + 1,250 m (antwoord in meter). (3)

3. 'n Mier loop om die rand van 'n boek wat 15 cm wyd en 21,5 cm lank is. Hoe ver loop die mier? (4)

4. Peter drink 250 ml water na 'n tenniswedstryd en dan kry hy 350 ml lemoensap by die afrigter. Hoeveel vloeistof drink hy altesaam? (2)

5. Die massa van 'n paneelwa is 2 250 kg wanneer dit leeg is. Sestien sakke lemoene, elk met 'n massa van 15 kg, word in die paneelwa gelaai. Wat is die massa van die paneelwa tesame met die lemoene? (4)

6. Mamma het 5 kg meel. Sy gebruik drie-en-'n-half kg daarvan. Hoeveel meel bly oor? (2)

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
MetingDie leerder is in staat om toepaslike meeteenhede, meetinstrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 analoog-, digitale en 24-uur-tyd tot minstens die laaste minuut en sekonde lees, sê en skryf;
4.2 probleme oplos wat berekeninge met en herleiding tussen geskikte tydeenhede behels, insluitend sekondes, minute, ure, dae, weke, maande en jare;
4.3 meetinstrumente gebruik wat tyd meet tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend polshorlosies en klokhorlosies;
4.4 maniere beskryf en illustreer om tyd deur die geskiedenis heen in verskillende kulture te meet en voor te stel;
4.5 tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe skat, meet, aanteken, vergelyk en orden deur S.I.-eenhede met die geskikte noukeurigheid te gebruik vir:
  • massa m.b.v. gram (g) en kilogram (kg);
  • kapasiteit m.b.v. milliliters (ml) en liters (l);
  • lengte m.b.v. millimeters (mm), sentimeters (cm), meters (m) en kilometers (km);
4.6 probleme oplos wat die kies van, berekening met en herleiding tussen geskikte S.I.-eenhede soos hierbo genoem, behels, terwyl geskikte kontekste vir Tegnologie en die Natuurwetenskappe geïntegreer word;
4.7 gepaste meetinstrumente gebruik (met ‘n begrip vir die beperkings daarvan) tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend:
  • badkamerskale, kombuisskale en balanse om massa te meet;
  • maatbekers om volume te meet;
  • liniale, meterstokke, maatbande en klikwiele om lengte te meet;
  • ondersoek en bepaal (alleen en / of as lid van 'n groep of span):
4.8.1 omtrek met behulp van liniale of maatbande.

Memorandum

AKTIWITEIT 1: Meting

  1. Massa

1.1 500 g (of ander groottes)

1.2 (a) 500 g (b) koringvlokkies (c) bepaal deur grootte (d) 250 g

1.3 (a) eie (b) eie (2,5 g) (c) 2,5 g (d) eie

1.4

Voorwerp My skatting Werklike gemete massa
Teesakkie Eie 2,5 g
Margarien Eie 500 g (of iets anders)
Baksteen Eie Nagenoeg 3 kg
Ekself Eie Eie

2. Lengte en Afstand

2.1 tot 2.7 Optekening:

Item Skatting Werklike Afmetings
Hoof eie Eie
Maat se hoof
Voet
Lengte
Lang persoon: lengte
Ooghaar
Duimnael: wydte
Langste vinger: lengte

2.8

Item Skatting Werklike Afmetings
Hoogte van deur Eie 2 m
Wydte van venster Dit wissel
Lengte van gang
Afstand na Kantoor
Lengte van rugbyveld
Wydte van sokkerveld

(Die grootte van skole se sportvelde is kleiner as dié van volwassenes.)

3. Meet van Inhoud / Kapasiteit

Item Skatting Werklike Afmetings
Emmer Eie Gewoonlik 5 of 10 of 15
Koeldrankblikkie Dit hang af van die grootte van die blik
Koeldrankblikke in 'n literpak
Teelepel 5 ml
Teelepels in 'n literpak 200
Bababad Dit hang af van die grootte
My bad
Skool se swembad

Swembadgroottes wissel

  • Praktiese werk (kleurstof gee nie geur nie)

AKTIWITEIT 2: probleme by die gebruik van SI-eenhede

1.1

Maand Reënval in ml gedurende die maand Totaal vir die maand
Januarie 17,4
Februarie
Maart 58,6
April 30,5
Mei
Junie 17,0
Julie 60,4

1.2 mondeling

1.3 ja

1.4 5 ml

1.5 helfte

1.6 Februarie en Mei

1.7 herfs volgens hierdie syfers – 89,1ml dan; 77,4 ml gedurende winter, sover, maar die reënval vir Augustus is nie ingesluit nie. (Dit is 'n winterreënvalstreek.)

1.8 123,5 ml

2.1 Gary

2.2 4,6 m is die lengte van die langste sprong.

3. 5 958 km

4. 380,9 km

5. 7,17 kg

AKTIWITEIT 3: omtrek – praktiese ondersoek

1 tot 6 Eie praktiese meting en optekening

TOETS JOU VORDERING

1.1 6,578 kg

1.2 5 703 m

1.3 6,712 liter

1.4 0,768 m

1.5 3,4 cm

1. 5,905 m

2. 73 cm

3. 600 ml

4. 2 490 kg

5. 1,5 kg

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask