<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Bevindings:
Item | SKATTING | Werklike Afmetings |
Rondom my kop | ||
Rondom my maat se kop | ||
My voet (lengte) | ||
My lengte | ||
'n Baie lang persoon (lengte) | ||
My ooghaar (lengte) | ||
My duimnael se breedte | ||
My langste vinger: lengte |
Jy het waarskynlik heel dikwels in millimeter (mm) en sentimeter (cm) gemeet.
Jy moet dit ken!
10 mm = 1 cm
100 cm = 1 meter
1 000 mm = 1 m
1 000 m = 1 km
2.8 Skat eers en meet dan elk van die voorwerpe in die lys hieronder en voltooi die tabel:
Item | SKATTING | Werklike Afmeting |
Hoogte van die deur | ||
Breedte van die venster | ||
Lengte van die gang | ||
Afstand na die hoof se kantoor | ||
Lengte van die rugbyveld | ||
Breedte van die sokkerveld |
Selfdoen: praktiese werk
Julle benodig: 'n maatbeker (vra jou Ma); 'n inspuitbuis SONDER die inspuitnaald (vra die veearts!); water en rooi kleursel vir voedsel (vra jou Ma); 'n leë koeldrankblikkie; 'n leë melkkarton; 'n leë emmer; 'n teelepel; jou beker of koppie; 'n bababad en ander leë vloeistofhouers wat interessant is. Julle mag in groepe werk. Gebruik die bogenoemde items om uit te vind hoeveel vloeistof in elke item geplaas kan word. Wanneer julle die volgende take aanpak, moet julle eers SKAT en dan die werklike hoeveelheid meet.
3.1 Skryf al jou antwoorde in die onderstaande tabel neer.
Item | SKATTING(Hoeveelheid vloeistof) | Afmeting(Hoeveelheid vloeistof) |
Die emmer (meet met liter melksakkie) | ||
Die koeldrankblikkie | ||
Koeldrankblikkies in 'n liter-karton | ||
Vloeistof in 'n teelepel (meet met die inspuitbuis) | ||
Teelepelsvol in 'n liter-karton | ||
'n Bababad | ||
Om myself te bad, benodig ek | ||
'n Skoolswembad benodig |
Hier het jy waarskynlik met milliliters en liters gewerk.
Jy moet dit weet!
1 000 mℓ = 1 liter
3.2 Plaas nou twee-en-'n-half mℓ (eetbare) rooi kleurstof in 'n glas water. Roer en bekyk die resultaat. Proe dit. Smaak dit na koeldrank? Bespreek. (Sommige leerders in die grondslagfase sukkel om dit te verstaan!).
4. Groot stukke, klein stukke.
Dink versigtig en vul>;<; =; in.
4.1 500 g_____________ ‘n halwe kg.
4.2 62 mm ____________ 62 cm.
4.3 1 850 mm ___________ 2 m.
4.4 1 kℓ ______________ 900 liter.
4.5 125 mℓ ___________ 125 liter.
Bespreek jou antwoorde met ‘n maat of die res van jou groep. Formuleer dan soortgelyke vrae vir die res van die klas.
5. Herleiding van metingseenhede.
Onthou jy nog Module 2? (breuke en desimale breuke).
Onthou: 100 cm = 1 m
1 000 mm = 1 m
1 000 m = 1 km
Kyk na ‘n maatband. 25 cm lyk taamlik lank (amper so lank soos ‘n liniaal), maar dit is net ‘n deel van ‘n meter. Ons het 100 cm nodig vir 1 meter. .
Dus 25 cm = m of (25 ÷ 100) m. Gebruik nou ‘n sakrekenaar:
25 ÷ 100 = ______________
25 cm = ______________
25 cm is ‘n deel (breuk) van ‘n meter.
Onthou : 1 000 mℓ = 1 liter
1 000 liter = 1 kℓ
Kyk na 750 mℓ water in ’n maatbeker. Dit lyk taamlik baie, maar dit is net ‘n deel van ‘n liter. Ons het 1 000 mℓ nodig om 1 liter te maak.
750 mℓ = liter. Indien nodig, gebruik ‘n sakrekenaar:
750 ÷ 1 000 = ___________________
750 mℓ = 0, ______________ liter.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?