<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Aktiwiteit 1:
Om jou bewus te maak van die waarde van spel of speel
[LU 4.4]
Waarom is speel belangrik?
Beantwoord die volgende vrae:
1. Verduidelik die konsep “spel” in jou eie woorde.
2. Hoe leer jong diere aan om hul prooi te bekruip of hul maaltyd te verdedig?
3. Gee twee voorbeelde van hoe ’n jong kind d.m.v. spel kan leer.
4. Bespreek met ’n maat voorbeelde van informele, ongestruktureerde spel, sowel as voorbeelde van gestruktureerde spel (bv. rugby, touspring) Skryf ten minste vier voorbeelde neer.
5. Wat sou jy sê is die vernaamste verskille tussen gestruktureerde spel en ongestruktureerde spel ?
6. Reël ’n debat in die klas rondom die kwessie van skoolsport.
7. Skryf nou die hoofpunte van elkeen van die sprekers neer. Dit sal jou help om aandagtig te luister, asook om met aandag na die argumente se meriete te luister voordat jy stem.
Skoolsport behoort geprivatiseer te word Skoolsport is waardevol, omdat . . .
8. Hierdie taak kan vir assessering gebruik word. Kennis en insig is hier ter sprake.
a) Maak ‘n lys die voordele van spel vir mense en diere.
b) Kies enige aktiwiteit wat jy voel wat die fisiese komponente bevat wat as “spel” beskou kan word. Skryf nou duidelike instruksies oor hoe om hierdie “spel te speel” en lewer kommentaar oor die waarde van hierdie aktiwiteit. Nadat jy jou skryfwerk voltooi het, mag die leerkrag jou vra om hierdie aktiwiteit te verduidelik of te demonstreer. Wees baie presies met jou verduidelikings. Skryf kort sinne.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Gesondheids-bevordering Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit word bewys as die leerder: |
1.3 kan beskryf wat ’n gesonde leefstyl in sy eie situasie behels, onder andere as ’n manier om siektes te voorkom. |
LU 4 |
Fisiese Ontwikkeling en Beweging Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder. |
Dit word bewys as die leerder: |
4.1 ’n avontuurlike, buitemuurse ontspanningsaktiwiteit kan beplan en daaraan kan deelneem; |
4.4 teikenspele ontwerp en speel; |
4.5 geslagsgelykheidsaangeleenthede in ’n verskeidenheid atletiek- en sportaktiwiteiteondersoek en daaroor verslag kan doen. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?