<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AKTIWITEIT 1:
Om sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede en andersom te kan verander. Jy moet ook punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde reg kan gebruik
LU 6.2 | ||||
A: Stellings
B: Vrae
C: Bevele
Ek, jy | WORD | Hy of sy |
Ons, julle | WORD | hulle |
Myne, joune | WORD | Syne, hare |
Ons s’n, julle s’n | WORD | Hulle s’n |
vandag | WORD | Daardie dag |
vanjaar | Daardie jaar | |
Volgende jaar | Die jaar daarna | |
Volgende week | Die week daarna | |
Môre | Die volgende dag | |
gister | Die vorige dag | |
Verlede jaar | Die vorige jaar | |
oormôre | Twee dae later | |
eergister | Twee weke gelede | |
nou | toe |
Hier, hierheen, hiernatoe | WORD |
|
BELANGRIK:
As iets op dieselfde plek en in dieselfde tyd oorvertel word, hoef hierdie woorde nie te verander nie .
1 . Herskryf die volgende sinne in die indirekte rede .
..
1.1
Mev. Pretorius sê: “Ek en Jan is nog net so gelukkig as die dag toe ons getroud is. Pateties, nie waar nie?”
Aangepas uit: JIP, Die Burger , 5 Mei 2003
1.2
Die seuntjie vra: “Sal Tannie asseblief volgende keer blomkool leen? Ek haat blomkool!”
1.3
Die seuntjie sê: “Ma behandel my soos ’n huisplant – ek kry hopeloos te veel water!”
Aangepas uit: Huisgenoot , 28 Junie 2001
2 . Nou draai ons die proses om en kyk of jy die direkte rede kan gee. Wat is die onderskrif by elke grappie?
2.1
Aangepas Uit: Huisgenoot , 3 Mei 2001
(Mnr. Pretorius kondig aan dat hulle ’n spesiale verrassing vir die gaste het, en wel dat sy vrou nie daardie aand gaan sing of klavier speel nie!)
2.2
Aangepas Uit: Huisgenoot , 3 Mei 2001
(Die vrou vertel aan haar man dat sy sy sterreteken gelees het en dink dat hy liewer daardie dag in die bed moet bly!)
2.3
Aangepas Uit: Huisgenoot , 28 Junie 2001
(Die seuntjie sê aan die gaste dat hulle nie dan al moet gaan nie, want sy pa het die horlosie ’n uur vorentoe gedraai.)
2.4
Aangepas Uit: Huisgenoot, 28 Junie 2001
(Die seuntjie wil by sy ma weet wat hy en sy alles gaan aanvang nadat die skool gesluit het.)
LU 6.2 | ||||
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik |
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer |
Dit word bewys as die leerder: |
6.1 met woorde werk: |
|
6.2 met sinne werk: |
|
AKTIWITEIT 1
1.1 Mev. Pretorius sê dat sy en Jan nog net so gelukkig is as die dag toe hulle getroud is. Sy sê-vra dat dit maar bra pateties is.
1.2 Die seuntjie vra of die tannie asb. die volgende keer blomkool sal leen, want hy haat dit (blomkool).
1.3 Die seuntjie sê vir sy ma dat sy hom soos ’n huisplant behandel – hy kry hopeloos te veel water.
2.1 “Dames en here, ons het ’n spesiale verrassing vir julle. My vrou gaan nie vanaand sing of klavier speel nie!”
2.2 “Ek het jou sterreteken gelees – bly liewer vandag in die bed!”
2.3 “Moenie nou al gaan nie – my pa het die horlosie ’n uur vorentoe gedraai!”
2.4 “Noudat die skool gesluit het, wat gaan ek en Ma alles aanvang?”
(Onthou, daar is baie variasies!)
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?