<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dit is sekere mense in die plek wat wil oorvat. Hoekom weet ek nie. Hier is goeie mense in Atlantis. Hoekom word daar vir ons besluit of ons die lewe werd is of nie, ons kan nie betaal vir ander se slegte gedrag nie. Die plek bepaal nie wie ek is nie …

FLORRYAtlantis

5.1 Wat, dink jy, is die etiket waarmee Florry te doen kry? Skryf in ’n volsin neer watter vooroordeel of veralgemening hier ter sprake is.

5.2 Wat is Florry se antwoord hierop? Skryf jou antwoord in ’n volsin en in jou eie woorde.

5.3 Vertaal die leuse wat Florry in die brief aanhaal, in Afrikaans.

5.4 Na watter lewenswaarde verwys Florry as hy/sy sê: “…ek geniet elke oomblik daarvan ( definitief met perke )”?

5.5 Stem jy saam met wat Florry in die brief sê? Jou antwoord moet ’n volsin wees.

5.6 Skryf nou ’n brief van ongeveer 100 woorde aan die redakteur van Jip waarin jy jou mening oor hierdie onderwerp lug. (Verbeel jou dat jy dit per e-pos gaan stuur. Die adres is lprins@dieburger.com)

6 . ’n Mens kan net ander mense gelukkig maak as jy self gelukkig is. Dis ook goed vir jou gesondheid om gelukkig te wees en baie te lag. Skryf vyf goed neer wat jou laat lag, of wat jou gelukkig laat voel.

LU 2.4 LU 3.8 LU 3.9 LU 2.1 LU 4.2

AKTIWITEIT 2

Om

  • foto’s in tekste te ontleed
  • jou woordeskat uit te brei
  • aandag aan ontwerp en uitleg te gee
LU 3.5 LU 3.9 LU 4.6
  • Ons gaan nou ’n bietjie oor gesinswaardes praat.

1 . Skryf vyf woorde neer wat met gesinswaardes verband hou, of dit beskryf. Jy kan ’n tweetalige woordeboek gebruik as dit nodig is.

2 . Soek ’n paar foto’s van gesinne in ou tydskrifte en koerante. Dit kan bv. van ’n ma en kind, of van ’n hele gesin, of net kinders, of oupas en oumas wees. Knip hulle uit en plak hulle op een of meer A4-grootte blaaie. Skryf dan by elke foto watter waardes uitgebeeld word. Maak dit so mooi as jy kan, sodat julle dit in die klaskamer kan uitstal.

3 . Maak ’n mooi verjaarsdagkaartjie vir een van jou gesinslede en skryf vir hom/haar ’n boodskappie daarin wat wys dat jy daardie persoon waardeer en liefhet. Jy kan op die kaartjie teken of prentjies daarop plak. Plaas die kaartjie in jou portefeulje.

LU 3.5 LU 3.9 LU 4.6

AKTIWITEIT 3

Om

  • kennis van grammatika en spelling te gebruik om te redigeer

LU 4.6

  • Die onderstaande beriggie handel oor ’n seunskool wat nou ook meisies toelaat, m.a.w. hulle het meer verdraagsaam geword. In die verlede het mense dikwels gedink dat meisies nie heeltemal seuns se gelykes kan wees nie!
  • Kyk mooi na die teks. Julle sal sien dat dit nie “reg” lyk nie, want daar is geen paragrawe nie, en daar is ook allerlei taal- en spelfoute.

1. Maak die foute sommer op die teks reg (gebruik ’n helder ink wat uitstaan). Onderstreep die fout en skryf die korrekte woorde/spelling bokant dit.

2. Dui met ’n P[ aan waar ’n nuwe paragraaf moet begin.

3. Skryf ’n opskrif vir die beriggie. (Dit word in koeranttaal ’n “kop” genoem.)

Opskrif : twee meisies het woensdagogend hier met hulle skooltase ingestap by die hoër tegniese skool daniël pienaar en so ’n era van 107 jaar waarin net seuns daar skoolgegaan het beeindig dat hulle met 900 seuns moet skoolgaan is vir christelle hurter (13) en Andri de Vos 14 geen problem nie. Ons is daarvan oortuig dat ons gelukig sal wees in die nuwe omgeewing sê hulle mnr peet vermaak skoolhoof sê dit was eers nie baie maklik om aan die gedagte van meisies by die skool gewoont te raak dit is hoofsaaklik omdat die skool so ’n lang tradiesie as seunskool het

(Berig aangepas en verkort. Bron: Rapport 26 Januarie 2003)

LU 4.6

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
luisterDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 stories verstaan en waardeer, asook dié wat deur medeleerders vertel word.
LU 2
praatDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 vertaal en tolk;
2.2 interaksie voer in die addisionele taal;
2.3 ontwikkeling toon in die vermoë om kenmerke van die gesproke taal te gebruik en te kommunikeer;
2.4 oor sosiale en etiese kwessies debatteer.
LU 3
lees en kykDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 ’n verhaal lees;
3.5 foto’s in tekste ontleed;
3.7 vir genot lees;
3.8 begrip toon van die gebruik van naslaanwerke;
3.9 ’n woordeskat van 5 000 tot 6 500 alledaagse woorde demonstreer.
LU 4
skryfDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doelein­des te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.2 vir ’n sosiale doel skryf;4.6 skryf as ’n proses benader.
LU 5
dink en redeneerDie leerder is in staat om taal vir denke en redenasie te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en te gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.2 taal gebruik om te dink.
LU 6
Taalstruktuur en –gebruikDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om modelings en skriftelik te kommunikeer.

Memorandum

AKTIWITEIT1

1. Woordeskat: Leerders se eie verduideliking van die volgende:

1.1 empatie: die vermoë om ander mense se gevoelens te verstaan en te deel

1.2 verdraagsaamheid: die vermoë om dinge te aanvaar waarmee ’n mens nie saamstem nie (of waarvan ’n mens nie hou nie, of wat ’n mens nie altyd verstaan nie)

1.3 verantwoordelikheid: iets wat ’n mens moet doen as deel van jou pligte of werk

1.4 respek: inagneming van die gevoelens of idees van ander mense

2. Bespreking deur leerders

3. Eie sinne

4. Eie sinne

5.

5.1 Almal wat in Atlantis woon is sleg.

5.2 Florry sê die plek waar jy woon bepaal nie wie en wat jy is nie.

5.3 Ten spyte van my omstandighede sal ek presteer.

5.4 Florry verwys na ’n mens se verantwoordelikheid om die wette van die gemeenskap in ag te neem en nie uitspattig te lewe nie.

5.5 Eie sin

5.6 Eie brief

6. 6.1 – 6.5 Eie sinne

AKTIWITEIT 2

1. Gesinswaardes: eie woorde soos respek, hulpvaardigheid, liefde, samewerking, ondersteuning

2. Eie foto’s met byskrifte wat na waardes verwys

3. Verjaardagkaartjie – kyk na uitleg en illustrasies

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask