<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
VOORKENNIS
Ondersoek na fisiese eienskappe van elemente
Jou onderwyser sal hulp verleen in jou ondersoek na die individuele elemente yster en swawel se fisiese eienskappe en die veranderinge wat dit ondergaan wanneer dit verbind.
1. Hoe lyk die yster?
2. Hoe lyk die swawel?
3. Word die yster deur die magneet aangetrek?
4. Word die swawel deur die magneet aangetrek?
5. Wat kan jy hieruit aflei?
6. Voeg ‘n bietjie koolstofbisulfied (CS 2 ) by die yster.
Wat gebeur?
7. Voeg ‘n bietjie koolstofbisulfied (CS 2 ) by die swawel.
Wat gebeur?
8. Wat kan jy hieruit aflei?
Gooi die inhoud van die proefbuise nou uit in twee horlosieglaseen laat dit indamp.
9. Wat is sigbaar nadat die koolstofbisulfied verdamp het?
Ondersoek na fisiese eienskappe van mengsels
Voeg nou ystervylsels en swawel saam.
1. Hoe lyk die mengsel?
2. Wat gebeur, indien jy nou die magneet nader bring?
3. Wat kan jy hieruit aflei?
4. Voeg nou CS 2 by die mengsel. Wat gebeur?
5. Kan jy dus die mengsel skei?
6. Stel twee maniere van skeiding voor
1. Wat gebeur as die yster en die swawel saam verhit word?
2. Het ‘n nuwe stof gevorm? Hoekom sê jy so?
3. Het die stof nog magnetiese eienskappe?
4. Is die stof oplosbaar in koolstofbisulfied?
5. Kan jy die stof weer terugskakel na die oorspronklike elemente?
6. Wat was nodig vir die reaksie om plaas te vind?
7. Watter energie-omsetting het plaasgevind?
8. Voltooi die volgende tabel van vergelyking:
MENGSELS | VERBINDINGS |
‘n Onsuiwer stof | ‘n ......................................................... stof |
Samestelling wissel | Samestelling ...................................................... |
Geen energie betrokke by vorming | Energie .............................................................. |
Eienskappe van individuele stowwe word behou | ............................................... eienskappe vorm |
Kan geskei word met fisiese metodes, bv. magneet | Kan slegs ...................................... geskei word |
Assessering van eksperiment
Kon jy die stappe beplan (AS 1.1), uitvoer (AS 1.2) en jou bevindinge kommunikeer (AS 1.3)?
[LU 1.1; 1.2; 1.3]
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke kan beplan;
1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;
1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kummunikeer.
KLASAKTIWITEIT: PRAKTIESE ONDERSOEK
ONDERSOEK NA FISIESE EIENSKAPPE VAN ELEMENTE
1. grys hard
2. geel poeier
3. ja
4. nee
5. metale is magneties
6. niks
7. swawel los op
8. metale onoplosbaar in koolstofbisulfied
9. kristalle – swawel
ONDERSOEK NA FISIESE EIENSKAPPE VAN MENGSELS
1. grys-geel
2. slegs ystervysels aangetrek
3. slegs metaal magneties
4. slegs swawel los op
5. ja
6. los S op en damp weer in – kristalle terug of magneet
KLASAKTIWITEIT: DEMONSTRASIE
1. versmelt tot nuwe stof
2. ja – lyk anders; eie eienskappe
3. nee
4. nee
5. ja met moeite
6. hitte
7. hitte- chemies
8. Voltooi die volgende tabel van vergelyking
MENGSELS | VERBINDINGS |
‘n Onsuiwer stof | ‘n ……suiwer…….stof |
samestelling wissel | samestelling vasgestel…………. |
Geen energie betrokke by vorming | energie………….benodig |
Eienskappe van individuele stowwe word behou | …nuwe…….eienskappe vorm |
Kan geskei word met fisiese metodes bv. magneet | Kan slegs …chemies en met moeite………..geskei word |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?