<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Daar is 5 modules:
1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking
2. Vermenigvuldiging en Deling
3. Breuke en Desimale Breuke
4. Meting en Tyd
5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid
4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.
3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)
LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE
LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE
** Hierdie is ‘n taak vir jou portefeulje. Maak seker dat jy verstaan wat om te doen en hoe jy geassesseer gaan word voordat jy wegspring!
1. Kyk na die afstandsmeter van jou ouers se motor en skryf die lesing neer.
2. Skryf die lesings van nog vier ander motors (familie, vriende, die skoolbus, taxi, ens.) waartoe jy toegang het, neer.
3. Dui jou gegewens netjies op ‘n grafiek van jou keuse aan.
4. Bepaal die afstand wat die vyf voertuie al gesamentlik afgelê het.
5. Bereken nou die verskil tussen die motor wat die verste gery en die een wat die kortste afstand gery het.
6. As Pa se motor 55 liter petrol in sy tenk kan hou en sy motor is dolleeg, wat sal dit hom kos om die motor vol petrol te maak as die petrolprys R3,89 per liter is?
1 = benodig aandag
2 = redelik goed 3 = baie goed
4 = uitstekend
KRITERIA | KODE | |||
1 | 2 | 3 | 4 | |
Volledigheid | Feitlik geen opdrag is uitgevoer nie. | Die helfte van die opdragte is uitgevoer. | Een of twee opdragte is nie uitgevoer nie. | Al die opdragte is uitgevoer. |
Grafiek | Interpretasie is feitlik onmoontlik. | Data is ongeorgani-seerd en interpretasie is moeilik. | Kan grafiek interpreteer, hoewel nie 100% korrek nie. | Grafiek is georden en data sinvol aangebied. Dit is maklik om te interpreteer. |
Korrektheid van berekenings | Al die antwoorde is verkeerd bereken. | Baie foute is begaan. | Min foute is gemaak. | Antwoorde is almal korrek bereken. |
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.6: probleme oplos in konteks, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder, soos:
1.6.2 meting in konteks van Natuurwetenskappe en Tegnologie;
Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.
Assesseringstandaard 5.2: eenvoudige dataversamelingsvelle (wat tellings vereis) en eenvoudige vraelyste (met ja/nee-tipe-antwoorde) gebruik om data te versamel (alleen en/of as lid van ‘n groep of span) ten einde vrae wat deur die onderwyser, die klas en die leerder gestel word, te beantwoord;
Assesseringstandaard 5.4: data organiseer en aanteken deur gebruik te maak van tellings en tabelle;
Assesseringstandaard 5.6: ‘n verskeidenheid van grafieke met die hand of tegnologies teken om data voor te stel en te interpreteer (gegroepeer of ongegroepeer).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?