<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Elke keer wat goedere of dienste van hande verwissel (verkoop word), is daar ‘n ooreenkoms wat tussen die verkoper en koper aangegaan word. Die koper onderneem om die gevraagde prys te betaal en die verkoper onderneem om die goedere/dienste teen daardie prys te lewer. Volgens hierdie koper-verkoper-kontrak kan die koper op die volgende regte aanspraak maak:
die goedere moet voorsien wees van die nodige, duidelik verstaanbare instruksies.
Ons verwag tog van mense om eerlik, regverdig en betroubaar in alle onderhandelings te wees. Sekere beginsels vorm die grondslag van goeie besigheid en word besigheidsetiek genoem.
Beide die koper en verkoper het die reg om van die ander party te verwag om eties korrek op te tree. Die verkoper het die reg om te verwag dat hy goed betaal sal word vir sy produkte/dienste, terwyl die koper die reg het om te verwag dat die verkoper hom nie sal probeer mislei nie.
Dan is daar ook ‘n liggaam in S.A., die Suid-Afrikaanse Verbruikersraad, waar alle ontevrede partye hulle lot kan bekla.
JOHAN KOOP SY EERSTE MOTORFIETS
Johan Coetzee is 16 en met sy koerantgeld koop hy vir hom sy eie motorfiets. Na vyf dae kom hy agter dat die motorfiets se masjien baie warm word. Die volgende dag raak die masjien heeltemal onklaar. Baie ontevrede neem hy die motorfiets terug na die handelaar en verduidelik die situasie.
Na ‘n kort gesprek besef die handelaar dat Johan slegs skoon brandstof in die tweeslagmasjien gegooi het, wat gelei het tot erge wrywing en oorverhitting. Hy verwys Johan vriendelik na die waarskuwing wat in groot letters op die brandstoftenk van die motorfiets aangebring is. Dit stipuleer dat daar ook ‘n blikkie tweeslagolie met elke brandstofhervulling in die tenk gegooi moet word – iets wat Johan nooit gedoen het nie.
Dink jy die handelaar moes met die verkope reeds aan Johan die brandstofmengsel van die masjien verduidelik het? Waarom?
Op Vrydag is dit die intermediêre fase se markdag vir kwartaal twee. Mev. Heunis bedryf die skool se snoepwinkel in ‘n privaat hoedanigheid.
Bespreek die volgende in jul groepe:
Die verantwoordelikhede van die staat
teenoor die sakewêreld
Die ekonomiese funksies van die staat is om doeltreffendheid , onpartydigheid en stabiliteit te bevorder.
1. Doeltreffendheid
Die staat moet verseker dat sekere ondernemings nie die monopolie of alleenreg besit om sekere dienste te lewer nie want sodanige ondernemings kan dan die pryse van hul goedere of dienste hoog hou omdat daar geen kompetisie is nie.
Sommige maatskappye besoedel die lug en water en begrawe skadelike afval in die grond. Die regering kan deur regulasies ingryp en maatskappye verplig om iets aan die saak te doen.
2. Onpartydigheid (regverdigheid)
Dit is vir die regering onaanvaarbaar dat slegs sekere mense groot salarisse verdien en welvarend is.
3. Stabiliteit
Die regering is hoofsaaklik verantwoordelik vir ekonomiese stabiliteit en ekonomiese groei. Die volgende probleme kan deur die regering aangespreek word:
Dit kan gedoen word deur:
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
1.3 die begrippe “vrye” en “ekonomiese” (skaars) goedere, en die invloed van vraag en aanbod op markpryse verduidelik; |
1.4 beskryf en debatteer die magsverhoudinge, ekonomiese regte en verantwoordelikhede tussen die: |
1.4.1 verbruiker en produsent; |
1.4.3 staat en die sakewêreld. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?