<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
OPDRAG 1:
Beplanning
[LU 1.10]
Voordat ons die speletjie gaan maak, moet ons eers deeglik BEPLAN.
a. Watter materiale gaan ek gebruik om die bordspeletjie te maak?
b. Watter aksies gaan ek uitvoer (bv. knip, gom, ens.)
c. Watter gereedskap gaan ek gebruik om die speletjie te maak?
d. Hier is riglyne vir die basiese stappe wat gevolg moet word. Bepaal hoeveel tyd jy vir elke stap sal benodig as jy twee uur tot jou beskikking het.
Stappe | Tydsduur |
1. Uitknip van karton van 30 cm by 30 cm. | |
2. Oortrek van karton met geskenkpapier. | |
3. Oorteken van ontwerp op skaal op wit bladsy. | |
4. Inkleur/versier van bord met die nodige potlode/penne/khoki’s. | |
5. Uitknip van vierkant met grootte van ± 25 cm by 25 cm. | |
6. Vasplak van vierkant op karton. | |
7. Aanbring van naam van speletjie op buitekant. | |
8. Saamstel van pamflet met reëls. | |
9. Oortrek van tandepastadosie met geskenkpapier en vasplak. | |
10. Plasing van reëls en toerusting in tandepastadosie. | |
2 h |
Voordat jy jou finale speletjie maak, is dit belangrik om uit te toets of jou speletjie sal werk. Teken ‘n PROTOTIPE (voorbeeld) rofweg in jou klaswerkboek en speel jou speletjie met ‘n maat. Maak veranderinge nou , indien dit nodig is. Skryf jou verandering neer.
OPDRAG 2:
Maak nou die bord van jou bordspeletjie
[LU 1.9]
Voordat ons die speletjie gaan maak, moet ons eers deeglik BEPLAN.
OPDRAG 3:
Teken op skaal
[LU 1.12]
Jy moet nou leer om die plan van jou speletjie op skaal te vergroot.
Instruksies
OPDRAG 4:
[LU 1.8]
Drie belangrike vereistes, behalwe natuurlik vir die inhoud van die pamflet met die reëls , is dat dit netjies , leesbaar en sonder spelfoute moet wees. Met die onderwyser se toestemming mag jy tuis die pamflet op ‘n rekenaar tik en uitdruk of met die hand in drukskrif skryf op ‘n A 4-papier.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?