<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Navorsing:
Aan die onderwyser: Verdeel die klas in groepe wat min of meer ewe sterk is.
Opdrag aan die groepe: Win soveel moontlik inligting in oor tipes brûe en die maak van brûe en kom gee terugvoering aan die res van die klas. Elke leerder moet die volgende vraelys oor ‘n beroemde brug voltooi:
Voorbeeld | Jou Voorbeeld | |
Naam van die brug? | Golden Gate-brug | |
Waar is die brug? | Ingang na San Francisco- baai in Noord-Amerika | |
Wanneer is die brug voltooi? | 1937 | |
Watter tipe brug is dit? | ‘n Hangbrug | |
Hoe lank is die brug? | 1 280 m | |
Bron? | ||
‘n Foto van dié brug? |
LU/AS 1.2 | ||||
2. Ontwerp
Aangesien jul groep betrokke gaan wees by die ontwerp en konstruksie van ‘n vakwerkbrug, het die ingenieur reeds die spesifikasies bepaal. Julle gaan nou ‘n prototipe van die brug van papierstrooitjies en karton bou.
Spesifikasies van die struktuur:
Doel: Om ‘n afstand van 50 cm te oorspan en 200 g te kan ondersteun sonder dat dit sou bars, inmekaarval, buig, kromtrek, vervorm of omval.
Tipe struktuur: ‘n Raamstruktuur ±50 cm lank en ±10 cm breed. (Stawe in driehoekige vorms geplaas.)
Materiaal:
Gereedskap:
OPDRAG 1:
Identifiseer as groep die behoefte.
LU/AS 1.4 | ||||
Voltooi:
Ons gaan ‘n ontwerp en maak om ‘n afstand van
te oorspan en om ‘n gewig van te kan
ondersteun. Ons gaan ‘n raamstruktuur met ontwerp en
maak wat uit twee vakwerke van gelyksydige bestaan
wat met aanmekaar geheg is. Die eindproduk moet sterk, stabiel en
stewig wees
OPDRAG 2:
Ontwerp en teken volledig met byskrifte 3D-sketse van hoe jul groep se vakwerkbrug gaan lyk. (Raadpleeg die inligting oor hoe so ‘n brug lyk.) Elke groeplid moet ten minste een brug ontwerp, waarna julle as groep besluit wie se brug gebou gaan word. Bespreek elke lid se positiewe en negatiewe aspekte van die ontwerpe en skryf dit by elke ontwerp.
LU/AS 1.5 | ||||
Finale Ontwerp | ||
Ontwerp 1: Positief:Negatief: | ||
Ontwerp 2:Positief:Negatief: | ||
Ontwerp 3:Positief:Negatief: |
Wenk:
Eksperimenteer watter padoppervlakte die sterkste is, nl. as die karton net so plat gebruik word, of as die kante weerskante ±2 cm opgebuig word.
Vervaardiging
OPDRAG 3:
Julle gaan nou uiteindelik probeer om die brug te bou. Beplan nou eers stap vir stap hoe julle te werk wil gaan om die brug te bou. Skryf jul maakproses noukeurig neer sodat iemand anders dit sal verstaan. Skryf ook volledig watter materiaal of gereedskap julle gedurende ‘n spesifieke aksie gaan gebruik. (LW. Hou die instruksies eenvoudig. Verkieslik slegs een aksie [werkwoord] per sin.)
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?