Wiskunde
Gewone breuke en desimale breuke
Gewone breuke
Opvoeders afdeling
Memorandum
INLEIDING
Daar is 5 modules:
1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking
2. Vermenigvuldiging en Deling
3. Breuke en Desimale Breuke
4. Meting en Tyd
5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid
4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.
3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)
LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE
- Hierdie module is ‘n voortsetting van die werk wat in graad 5 gedoen is. Daar word uitgebrei op die optelling en aftrekking van breuke, en die berekening van ‘n breuk van ‘n sekere hoeveelheid word ook hersien.
- Maak seker dat die leerders die korrekte terminologie bemeester het, asook die korrekte strategieë om bogenoemde korrek te bereken.
- Kritieke Uitkoms 5 (Effektiewe kommunikasie deur visuele, simboliese, en/of taalvaardighede op verskillende maniere te gebruik) is hier van toepassing.
- 3 weke behoort voldoende te wees om hierdie module te voltooi.
- ** Aktiwiteit 17 is ‘n taak vir die portefeulje. Hoewel dit ‘n baie eenvoudige opdrag is, moet leerders in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.
LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE
- Hierdie module is ‘n uitbreiding op werk wat in graad 5 afgehandel is. Leerders moet nou in staat wees om desimale breuke korrek af te rond tot die naaste tiende, honderdste en duisendste. Beklemtoon weer die korrekte metode om op te tel en af te trek (vertikaal). Gee ook baie aandag aan die vermenigvuldiging en deling van desimale breuke.
- Aangesien leerders laasgenoemde nogal moeiliker vind, kan 3 - 4 weke aan dié module spandeer word.
- ** Aktiwiteit 19 is ‘n taak vir die portefeulje. Die opdrag is baie eenvoudig, maar leerders moet in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.
Leerders afdeling
Inhoud
Toets 1
1.
Vul die ontbrekende woorde in:
1.1
word ‘n ………………….......................... breuk genoem.
1.2 Ons noem
‘n ................................................ (2)
2.
Vul die ontbrekende getalle in:
2.1
=
2.2
=
(2)
3. Vul in:<;>of = :
3.1
3.2
(2)
4. Vereenvoudig:
4.1
4.2
(2)
5. Bereken:
5.1
+
(3)
5.2
–
(3)
5.3
van 3 095
(3)
6. Janine spaar een sesde van haar sakgeld en Zade vier negendes van syne. Watter breuk spaar hulle altesaam?
(4)
7. Pa moet 1 025 km aflê. Hy reis egter net drie vyfdes daarvan. Hoeveel km het Pa gereis?
(4)
(25)