<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Daar is 5 modules:
1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking
2. Vermenigvuldiging en Deling
3. Breuke en Desimale Breuke
4. Meting en Tyd
5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid
4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.
3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)
LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE
LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE
** Hierdie is ‘n aktiwiteit vir jou portefeulje. Werk mooi netjies en kyk eers na die matriks vir die assessering voordat jy wegspring!
1. Vind tuis uit watter breuk van hul salaris jou ouers spandeer op:
1.1 kos:
1.2 behuising:
1.3 elektrisiteit en water:
1.4 telefoon:
1.5 motor(s):
2. Trek nou ‘n tabel en stel bogenoemde inligting netjies voor.
3. Trek nou ‘n sirkelgrafiek om bogenoemde inligting aan te dui.
ASSESSERING: SALARIS EN BREUKE
2 = redelik goed3 = baie goed
4 = uitstekend
KRITERIA | KODE | |||
1 | 2 | 3 | 4 | |
Volledigheid | Feitlik geen opdrag is uitgevoer nie. | Die helfte van die opdragte is uitgevoer. | Een opdrag is nie uitgevoer nie. | Al die opdragte is uitgevoer. |
Tabel | Dit is glad nie gedoen nie. | Dit is gedoen, maar baie foute / onvolledig. | Een of twee foute is begaan. | Dit is netjies en korrek gedoen. |
Grafiek | Dit is glad nie gedoen nie. | Dit is gedoen, maar baie foute / onvolledig. | Een of twee foute is begaan. | Dit is netjies en korrek gedoen. |
Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.
Assesseringstandaard 5.1: eenvoudige vrae oor eie skool- en gesinsomgewing stel, en geskikte databronne identifiseer om menseregte-, sosiale, politieke, kulturele, omgewings- en ekonomiese vraagstukke in daardie omgewing die hoof te bied;
Assesseringstandaard 5.2: eenvoudige dataversamelingsvelle (wat tellings vereis) en eenvoudige vraelyste (met ja/nee-tipe-antwoorde) gebruik om data te versamel (alleen en/of as lid van ‘n groep of span) ten einde vrae wat deur die onderwyser, die klas en die leerder gestel word, te beantwoord;
Assesseringstandaard 5.4: data organiseer en aanteken deur gebruik te maak van tellings en tabelle;
Assesseringstandaard 5.6: ‘n verskeidenheid van grafieke met die hand of tegnologies teken om data voor te stel en te interpreteer (gegroepeer of ongegroepeer).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?