<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
“’n Werknemer bevraagteken dit wat reeds
in ‘n onderneming bestaan.”
“’n Entrepreneur bevraagteken die redes waarom
sekere verskynsels nog nie in ‘n onderneming
teenwoordig is nie.”
Produkte en dienste word gekoop en verkoop by ‘n “mark”. Die meeste mense dink aan ‘n mark as ‘n informele inkopie- “sentrum” waar jy vrugte, groente en handgemaakte artikels kan koop. Maar ‘n “mark” is nie noodwendig ‘n vaste plek nie. Wanneer daar kontak of kommunikasie tussen kopers en verkopers is, is daar ‘n mark. Hierdie kontak hoef nie noodwendig tussen twee persone te wees nie. Dit kan deur middel van ‘n telefoon, rekenaar of selfs ‘n koerantadvertensie wees.
Die woord “mark” word ook gebruik om te verwys na ‘n groep kopers. Byvoorbeeld: die mark vir skoolklere is skoolkinders en hul ouers.
1. Verskillende tipes markte
Verbruikers koop goedere en dienste van vervaardigers op die goedere- en dienstemark.
Vervaardigers koop weer die vier faktore van produksie (grond, kapitaal, arbeid en entrepreneursvaardighede) van die faktoremark. Hierdie vier faktore is nodig om goedere en dienste te produseer.
2. Bestudeer die volgende voorstelling en:
LU 4 |
ENTREPRENEURSKENNIS EN –VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en –houdings te ontwikkel. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
4.1 vergelyk noodsaaklike eienskappe en vaardighede wat nodig is om ‘n entrepreneur te wees uit twee eenvoudige gevallestudies van entrepreneurs in eie gemeenskap. |
Maak kennis met die twee hooftipes markte en plaas die konsepte binne die regte perspektief met behulp van toepaslike voorbeelde.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?