<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Waardes
Om vas te stel wat ons persoonlike waardes is, is ‘n baie belangrike deel van ons toekomstige sukses en geluk. Waardes beteken hoe ons voel oor wat in die betrokke werk gedoen word en die bydrae wat dit maak tot die samelewing. Dit sluit ook in die omstandighede waarin ons werk, soos of dit binne of buite is, en ook wat ons in die spesifieke beroep kan verdien (die inkomste-potensiaal).
1 = Glad nie soos ek nie 3 = Nogal soos ek 2 = Effens soos ek 4 = Definitief soos ek
WAARDES | 4 | 3 | 2 | 1 |
Wil bydra tot die verbetering van die wêreld waarin ons leef | ||||
Wil mense help met hul probleme | ||||
Wil in ‘n groep saam met ander mense werk | ||||
Wil alleen werk | ||||
Wil met ander mense kompeteer | ||||
Wil in staat wees om eie besluite te neem | ||||
Wil onder druk werk (teen tyd werk) | ||||
Wil ander mense se houdings en opinies verander | ||||
Wil betrokke wees by soek na kennis en begrip | ||||
Wil betrokke wees by kuns, musiek en drama | ||||
Wil die skoonheid van dinge bestudeer en waardeer | ||||
Wil toesig hou oor die werk van ander mense | ||||
Hou van aktiwiteite wat gedurig verander | ||||
Wil graag met inligting werk | ||||
Wil seker wees van jou werksroetine en pligte | ||||
Wil graag nuwe metodes en programme ontwerp | ||||
Hou van situasies waar groot akkuraatheid van belang is | ||||
Wil hê dat mense jou bydrae raaksien | ||||
Wil gereeld opwinding in jou werk beleef | ||||
Wil weet dat jy baie geld kan verdien | ||||
Wil graag self oor die aard van jou werk besluit |
[LU 5.2]
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 5 |
Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit word bewys as die leerder: |
5.1 die voorsieners van fondse vir studie en beroepe navors; |
5.2 eie beroeps- en studiekeuses motiveer; |
5.3 krities reflekteer en verslag lewer oor geleenthede in die werkplek; |
5.4 regte en verantwoordelikhede in die werkplek bespreek; |
5.5 ‘n plan vir eie lewenslange leer saamstel. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?