<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.
Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)
Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.
Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.
In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.
TYDSKEDULE
Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.
Hier identifiseer Willie met die leerders. Hy vier sy verjaardag. Daar is wesenlike verskille en leerders bespreek hulle. So ook verskil mense van mekaar.
Die Toebels is Willie se maats. Hulle bly in tonnels in die grasland. Die reën veroorsaak ‘n vloed. Die uil weet wat om te doen. Daar is stories om te lees, verjaardagkaartjies om te maak en probleme om op te los.
Skrif | ||||||
en | , | , | , | , | ||
klanke | , |
INTEGRASIE VAN TEMAS
n Gesonde omgewing
Dit reën en reën die hele dag
van soggens vroeg tot laat.
Die wêreld is oral oorstroom
niemand het meer raad!
Ons trein staan al ‘n week lank stil
ons kos is amper op!
Aan ‘n goeie plan kan ek nie dink,
al staan ek op my kop!
Maar Grootoog weet wat om te doen,
en almal is so bly!
Die Toebels kan ons gou kom help,
dan kan die trein weer ry!
LU 2.3 |
Toebels | Die | almal. | help |
en | Bienkie | Kassie | Wegkruipertjie. | speel |
slaap | boomhuis. | Tessie | die | in |
en | Grootoog | alles. | hoor | sien |
LU 5.3 |
LU 4.2 |
Kyk hoe lees ek!
Willie | ry | bos | die |
in | Makkie | met | saam |
Vollie | op | se | rug |
Grootoog | speel | hulle | lekker |
kyk | vir | hulle | weet |
alles | sien | woon | maatjies |
Toebels | kleiner | groter | skryf |
lees | teken | gras | tonnels |
grawe | krulhare | wegkruipertjie | bal |
verjaarsdag | klim | slaap | hande |
bene | lyf | teken | bo |
somme | dieselfde | hare | woes |
plan | kop | staan | bly |
reën | dag | weet | help |
LU 3.4 |
V | w | m |
N | r | l |
H | k | a |
O | e | b |
D | s | p |
F | g |
LU 4.1 |
Die Toebels woon buite die bos. Hulle woon in tonnels onder die grond. Die Toebels het krulhare. Die Wapse woon almal in die bos. Hulle woon in boomhuise.
Mamma verjaar. Sy gaan ‘n partytjie hou. Die Toebels gaan ook kom. Almal is baie bly. Almal ry met Meneer Mol se trein onder die grond. Almal speel by die partytjie.
LU 3.4 |
Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder sing, resiteer, mimiek en liedjies, gedigte en rympies opvoer.
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.
Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf;
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfaktiwiteite doen;
Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?