<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Daar is 5 modules:
1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking
2. Vermenigvuldiging en Deling
3. Breuke en Desimale Breuke
4. Meting en Tyd
5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid
4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.
3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)
LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE
LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE
1. Vir die volgende aktiwiteit moet julle in groepe van drie verdeel. Jul opvoeder sal aan julle die nodige papier voorsien. Lees die vrae goed deur en kyk of jul die oplossings vir die probleme kan vind. Onthou om jul bewerkings te wys!
a) ‘n Skoolbus kan net een kwart van die 268 atlete op ‘n slag vervoer. Vir hoeveel passasiers het die bus plek?
b) Twee derdes van die 1 944 sokkerondersteuners was manlik. Hoeveel vrouens het die wedstryd bygewoon?
c) Mnr. Jackson wou drie agstes van sy salaris van R10 856 spaar. Watter bedrag het hy gespaar?
d) Nino wou ‘n nuwe selfoon van R4 739 koop. Hy het egter net twee sewendes daarvan reeds gespaar. Hoeveel geld het Nino nog gekort om die foon te koop?
e) Verduidelik aan die res van die klas hoe jul die antwoorde bereken het.
f) Vergelyk jul metodes. Hoe verskil hulle van mekaar?
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.8: skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:
1.8.6 bepaling van breuke van heelgetalle.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?