<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Daar is 5 modules:
1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking
2. Vermenigvuldiging en Deling
3. Breuke en Desimale Breuke
4. Meting en Tyd
5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid
4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.
3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)
LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE
LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE
Vir hierdie aktiwiteit moet julle in groepe van 3 werk. Vra jul opvoeder vir die nodige papier. Lees die vrae goed deur en wys jul bewerkings wanneer jul die antwoorde bereken:
1. Mev. Samuels koop een derde meter pienk materiaal en vyf sesdes meter pers materiaal. Hoeveel meter materiaal het sy toe gehad om kussings vir haar klas mee te maak?
2. Die Jantjies-gesin hou piekniek. As Pa ‘n kwart van die kos opeet, Ma drie agstes daarvan en Sara twee agstes, sal daar iets vir jou oor wees om te eet?
3. Die graad 6-leerders is gevra om ‘n groentetuin by die skool te vestig. As hulle die helfte met geelwortels beplant, twee sesdes met aartappels en een twaalfde met geelwortels, watter breuk van die hele tuin is beplant?
4. Omdat hulle so hard in die tuin gewerk het, word die klasse beloon. Die 6A-klas drink vier en ‘n vyfde liter koeldrank; die 6B-klas drink vyf en vier vyftiendes liter koeldrank en die 6B-klas drink drie en twee derdes liter. Hoeveel liter koeldrank is altesaam deur die skool vir die leerders gegee?
5. Verduidelik aan die res van die klas hoe julle groep die antwoorde bereken het.
6. Vergelyk jul metodes. Hoe verskil hulle van mekaar?
TYD VIR SELFASSESSERING!
Beoordeel jul werk op ‘n skaal van 1 – 4 deur die toepaslike syfer te omkring:
1 = benodig aandag 2 = redelik goed 3 = baie goed 4 = uitstekend
KRITERIA | KODE | |||
Alle groeplede het aan die aktiwiteite deelgeneem. | 1 | 2 | 3 | 4 |
Lede van die groep het na mekaar geluister. | 1 | 2 | 3 | 4 |
Groeplede het mekaar in die groep gehelp en aangemoedig. | 1 | 2 | 3 | 4 |
Groeplede het by die opdrag gebly. | 1 | 2 | 3 | 4 |
Elkeen het ‘n kans gekry om te praat. | 1 | 2 | 3 | 4 |
Die groep se werk is netjies gedoen. | 1 | 2 | 3 | 4 |
Die antwoorde is korrek bereken. | 1 | 2 | 3 | 4 |
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.8: skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:
1.8.3 optel en aftrek van gewone breuke met noemers wat veelvoude van mekaar is en heelgetalle met gewone breuke (gemengde breuke);
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?