<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die enkelwoord vir ’n argitektoniese tekening is ’n plan. Die huis waarin jy woon, is eers deur ’n argitek beplan en die plan is toe aan ’n bouer gegee wat die huis daarvolgens gebou het. ’n Plan is meer ingewikkeld as ’n ortografiese tekening omdat dit voor-, end-en agter- en planaansigte insluit. Dit sluit dikwels die boumateriaal, kombuis- en badkameruitleg, meubels, elektriese punte en wateruitleg in. Alle planne moet aan bouregulasies voldoen en deur die plaaslike owerhede goedgekeur word. Die planne word gebruik om die koste van ’n gebou te bereken. Die boukoste van ’n huis wissel deesdae vanaf R2 000 tot R5 000 per vierkante meter (R2 000 – R5 000 / m 2 ).
SNIT DD1: 100
WESAANSIG1: 100
OOSAANSIG1: 100
NOORDAANSIG1: 100
SUIDAANSIG1: 100
Fokustaak A
Gebruik die geruite papier en maak ’n areabeplanningstekening (planaansig) van die klaskamer. Jy moet aandui waar die deure en vensters geplaas moet word. Voorsien die tekening ook van die verskillende mates. Gebruik een blok vir 1 meter. Bereken die koste van die gebou as die boukoste R3 000 per vierkante meter is (R3 000/meter kwadraat).
Die volgende is ’n voorbeeld van ’n planaansig van ’n gebou.
Die meeste argitekte ontwikkel skaalmodelle om aan hul kliënte te wys hoe die finale produk gaan lyk. Materiale soos papier, karton of Styrofoam kan gebruik word om al die 2-D tekeninge na ’n 3-D model te verander. Karton kan maklik gesny en op ruitpapier geplak word om die korrekte skaal te verkry. Voeg kleur by en jy het ’n demonstrasiemodel.
Fokustaak B
1. Vervaardig ’n skaalmodel van die klaskamer. Jy mag dalk ’n deel van die dak wil weglaat om die uitleg binne-in te wys.
2. Formuleer minstens vyf kriteria vir die evaluering van die plan (verwys na die ontwerpvoorstel), en evalueer die model. Skryf die uitkoms neer.
LU 1.13 | ||||
3. Dra jou idee voor aan die res van die klas.
LU 1.15 | ||||
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
ondersoek:1.1 ’n probleem, behoefte of geleentheid vanuit ’n gegewe lewensgetroue konteks identifiseer en verduidelik, en die konteks, aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat geraak word, ondersoek; |
1.4 toepaslike tegnologieë en metodes gebruik om:
|
ontwerp:1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag vir die ontwikkeling van ‘n produk of met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid skryf of kommunikeer; |
1.6 produk- en ontwerpspesifikasies en -beperkinge lys as oplossing vir ’n geïdentifiseerde of gegewe probleem, behoefte of geleentheid, gebaseer op al die onderstaande kernontwerpe:
|
1.7 ’n reeks moontlike oplossings wat beduidend van mekaar verskil en duidelik met die ontwerpstelling en die spesifikasies en beperkinge verband hou, genereer; |
maak:1.9 ’n plan ontwikkel wat elk van die volgende insluit:
|
1.10 geskikte gereedskap en materiaal kies vir die maak van ontwerpte produkte met akkuraatheid en kontrole, deur te meet, te sny, te skei, te vorm, te heg of te kombineer, en die akkurate en doeltreffende afwerking van ‘n reeks materiale; |
evalueer:1.13 die produk in terme van self-geformuleerde kriteria wat met die ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings verband hou, evalueer deur selfontwerpte prosedures vir selftoetsing te gebruik en ook sinvolle verbeteringe of aanpassingsvoorstel wat duidelik in ‘n meer doeltreffende of hoër kwaliteit eindproduk sal lei. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 9' conversation and receive update notifications?