<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
** Die taak op hierdie bladsy is bedoel vir jou portefeulje en jy het ‘n koerant daarvoor nodig. Kyk goed na die opdragte en beantwoord die vrae wat volg. Werk so netjies as jy kan. Kyk eers goed na wat jou opvoeder gaan assesseer voordat jy wegspring!
1. Gebruik jou plaaslike koerant en soek en plak voorbeelde met pryse van die volgende hieronder:
1.1 Kleur-TV
1.2 Rekenaar
1.3 Yskas
1.4 Selfoon
2. Gestel nou jy het R40 000 om te spandeer. Hoeveel van hierdie items sou jy kon koop? (Jy mag jou sakrekenaar gebruik:)
Kleur TV: __________________________________________________________
Rekenaar: __________________________________________________________
Yskas: _____________________________________________________________
Selfoon: ____________________________________________________________
3. Soek in dieselfde koerant advertensies van jou plaaslike supermark en plak voorbeelde van die volgende items met hul pryse hieronder:
3.1 een liter melk
3.2 ’n bruin brood
3.3 ’n kilogram kaas
3.4 ’n pak suiker
4. Gestel jy het R250,00 tot jou beskikking. Hoeveel van die bogenoemde items sou jy kon koop? (Jy mag jou sakrekenaar gebruik)
4.1 Melk: _________________________________________________________
4.2 Brood: ________________________________________________________
4.3 Kaas: _________________________________________________________
4.4 Suiker: ________________________________________________________
5. Kleur die korrekte antwoorde in:
Die koerant-aktiwiteite was | MAKLIK | MOEILIK |
Ek kon die antwoorde bereken. | JA | NEE |
Ek het geweet hoe om die sente korrek af te rond. | JA | NEE |
KRITERIA | 1 | 2 | 3 | 4 |
Netheid | Dit is slordig uitgeknip. Dit is nie goed vasgeplak nie. | Dit is slordig uitgeknip. Vasgeplak | Dit is redelik netjies uitgeknip. Dit is redelik goed vasgeplak. | Dit is baie netjies uitgeknip. Dit is deeglik vasgeplak. |
Volledigheid | Advertensies nie uitgeknip nie. Nie alle vrae is beantwoord nie. | Baie van die inligting ontbreek. | Slegs enkele vrae is nie beantwoord nie. | Die opdrag is volledig uitgevoer. |
Wiskundige foute | 0 – 19% foutloos | 30 – 49% foutloos | 50 – 79% foutloos | 80 – 100% foutloos |
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos in konteks, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies;
1.6.1: finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies, eenvoudige begrotings, lees en vertolking van rekeninge, en afslag).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?