<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Jou maat moet dieselfde lengte as jy wees.
Kyk na jou maat – hou albei hande vas – sit julle voete so na as moontlik aan mekaar en trek terug met jou gewig.
Hou hierdie posisie vir ‘n ruk.
Staan langs jou maat en kyk na voor – hou een hand vas – sit julle voete so naby aan mekaar as moontlik en trek van mekaar af weg.
Verander hande terwyl julle na agter draai.
Staan met jou rug na jou maat – val agtertoe en laat jou maat toe om jou te vang – neem beurte.
Kombineer hierdie oefeninge en vorm ‘n sekwens.
Ondersoek eenvoudige armbewegings.
Ondersoek draaibewegings.
Gebruik die inligting oor ‘n huweliksritueel wat jy nagevors het, en doen die volgende:
Demonstreer jou huweliksritueel aan die res van die klas.
Kies een dans van al die danse wat in die klas gedoen is.
Beweeg in lyne en sirkels soos in ‘n optog.
Werk met oop- en toebewegings, swaaibewegings en draaibewegings om samehorigheid voor te stel.
Werk aan motiewe gebaseer op buig, lig, reik, sak, hurk, oop, toe, draai, kniel, gesamentlike beweging, lei en volg.
Deel idees en bou aan ‘n seremoniële huweliksdans gebaseer op stadige, bewegingspatrone, duidelike liggaamsvorms en vergrote en oordrewe gebare.
Kies ritualistiese musiekstukke met definitiewe ritmes van verskeie kulture.
Bespreek die verskille in geestelike uitdrukking.
Ondersoek die emosies betrokke in ‘n huwelikseremonie.
Ondersoek kostuums en rekwisiete betrokke by ‘n huwelikseremonie.
Kies musiek met ‘n stadige tempo.
Lê op jou rug op die vloer – arms bo jou kop uitgestrek – bene reguit.
Strek jou liggaam deur met jou hande te reik en jou tone te punt (behou strek vir agt tellings en ontspan).
Bring arms af na sye.
Buig jou knieë, maar hou jou voete op die vloer.
Bring een been na jou bolyf – trek die been met albei hande na jou bolyf toe – jou knie is nog steeds gebuig (behou vir agt tellings).
Maak die been reguit en trek die reguit been na jou kop toe (moenie die strek forseer nie). Behou vir agt tellings.
Ruil bene om.
Bring albei bene gebuig na jou bolyf en trek jou bene in met albei hande – lig jou kop en skouers effens. (behou vir agt tellings).
Laat sak jou bene na links – hou jou bolyf en skouers op die vloer – arms uitgestrek na die kante.
Ruil om na regterkant.
Bring bene weer na middel – sit regop – knieë gebuig – hande op knieë – maak jou rug reguit – trek jou bolyf deur jou bene met jou hande op jou knieë.
Kom stadig orent deur jou boude van die vloer af te lig.
Krul stadig op – hou bene gebuig – kop kom laaste op.
Skud alle beweeglike liggaamsdele.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 4 |
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en om ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
MUSIEK (4.4) |
|
DRAMA (4.2 - 4.3) |
|
|
DANS (4.1) |
|
VISUELE KUNS (4.5 - 4.6) |
|
|
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?