-
Home
- Aardrykskunde graad 8
- Kwartaal 2
- Landbou, bosbou en indringerspesies
Sosiale wetenskappe: aardrykskunde
Graad 8
Natuurlike hulpbronne
Module 8
Landbou, bosbou en indringerspesies
Landbou
- Die grootste skade wat die mens die aarde berokken – en dus ook die ernstige bedreiging vir sy eie voortbestaan – word deur die landbou aangerig. Ontsaglike dele van die planeet se natuurlike grond-ekostelsels is reeds vernietig en deur kunsmatige landboustelsels vervang. In die proses word streke se lewensvatbaarheid en hul vermoë om hul klimaat te reguleer grootliks verminder of vernietig.
- Van Suid-Afrika se oppervlakte word ongeveer 85 persent vir landbou en bosbou aangewend. Tog het slegs 45 persent van die land ‘n reënval van meer as 500 mm per jaar en is slegs om en by 12 persent geskik vir die verbouing van gewasse. Die res bestaan hoofsaaklik uit veld wat vir weiding gebruik word.
- Gebrekkige beplanning in die verlede het veroorsaak dat groot stukke goeie landbougrond vandag vir altyd verlore is. Verstedeliking, mynbou (veral aan die Witwatersrand en Oos-Transvaalse Hoëveld) en ander bedrywighede het ook hul tol geëis. Verder het onoordeelkundige bestuurspraktyke en die verbouing van ekologiese ongeskikte gewasse tot wydverspreide omgewingsaftakeling in die vorm van gronderosie en woestynvorming gelei. Die verlies aan grond, meestal weens verkeerde landboupraktyke, word geskat op tussen 300 en 400 miljoen ton per jaar.
- Die ongelykhede in grondbesit in die Suid-Afrikaanse landbou is ‘n kwessie wat ook aandag verg. Op die oomblik besit ‘n geskatte 50 000 wit boere sowat 85 miljoen hektaar, waarvan omtrent 14,3 miljoen bewerkbaar is. Die 700 000 swart boere in die voormalige tuislande besit sowat 15 miljoen hektaar, waarvan slegs 2,3 miljoen verbroubaar is.
Aktiwiteit 1:
Om die misbruik van landbougrond te identifiseer en voorkomende optredes voor te stel
[lu 3.3]
1. Onderstreep die korrekte woorde. Verduidelik jou keuse.
- Veestapels moet tot binne die drakrag van die grond
verminder /
vermeerder word.
- Gelyktydige verbouing van gewasse en die aanhou van vee moet
aangemoedig /
ontmoedig word.
2. Waarom is dit noodsaaklik dat die gebruik van bemestingstowwe, plaag- en onkruiddoders streng beheer moet word? Gee jou opinie.
3. In watter opsig dra verstedeliking by tot die vernietiging van landbougrond?
Bosbou
- Woude vorm ‘n intergrale deel van die aarde se lewensonderhoudende stelsels. Hulle speel ‘n sleutelrol in die regulering van die atmosfeer en die klimaat deurdat hulle koolstof opgaar en plaaslike watersiklusse aan die gang hou. Hulle beskerm die grond teen oormatige erosie, reguleer die afloop van water, en verminder die impak van verspoelings en die gevolglike slikneerslae in riviere. Natuurlike woude is gewoonlik hoogs diverse ekostelsels wat miljoene spesies onderhou en vir die mens ‘n waardevolle hulpbron is. Hulle vorm ook ‘n belangrike deel van die bronnebasis vir toerisme en ontspanning en is bowendien van onskatbare kulturele waarde.
- Ongelukkig word woude wêreldwyd toenemend bedreig deur besoedeling en suurreën, onvolhoubare houtkappery, en die uitbreiding van landbougrond en stedelike gebiede.
- In Suid-Afrika is inheemse en immergroen woude die kleinste en mees versnipperde van die land se sewe belangrikste biome, en bedek dit net 0,25 persent van die oppervlakte. Met die koms van Europese setlaars in die 17de eeu, is hierdie woude op groot skaal ontgin en baie areas is totaal ontbos. Die oorblywende inheemse woude in staatsbesit, veral dié in Suid-Kaapland, word goed bestuur en lewer ‘n volhoubare opbrengs geelhout, stinkhout en varings. Inheemse woude in private besit word nie behoorlik beskerm nie en is besig om vinnig agteruit te gaan.
- In die proses word ekostelsels afgetakel, biodiversiteit verminder, grond verspoel en kosbare waterbronne vermors.
- Suid-Afrika is ‘n belangrike uitvoerder van veral denne-, wattel- en bloekomhout.
Questions & Answers
what is defense mechanism
what is defense mechanisms
Chinaza
I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
what does preconceived mean
How can I develope my cognitive domain
why is communication effective
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
interpersonal relationships
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Source:
OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.