<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
LUISTERLEES
1. Jou opvoeder gaan nou 10 vrae lees en daarna 'n kort leesstuk. Jy weet dus reeds dat jy baie aandagtig moet luister. Nadat die leesstuk minstens twee maal voorgelees is, sal die opvoeder weer die vrae herhaal!
Beantwoord die onderstaande vrae soos wat die opvoeder hulle vra:
Selfassessering onder leiding van die opvoeder.
TOTAAL UIT 10
LU 1.1.1 |
2. Dis nou jou beurt ... om vir jou klasmaats meer te vertel van jou gunsteling komediant - verkieslik 'n rolprentster of televisiester. Die volgende inligting is nodig:
Voorbeelde van komediante:
Leon Schuster
Jy kan die skoolbiblioteek of die plaaslike biblioteek besoek vir inligting. Indien jy toegang daartoe het, is die internet ook 'n wonderlike bron van inligting.
Indien jy nie van 'n rolprentster of 'n televisiester weet oor wie jy kan praat nie, kan jy enige ander persoon kies wat jy ken. Jou pa, ma, oupa, oom, neef, vriend of iemand in die buurt is dalk ook 'n komediant, al is hy of sy nie beroemd nie!
Kom vertel dan ook:
LU 2.3 | |
LU 4.1.3 |
3. Die woord, filmster , begin met die letter f , maar verveeld begin met 'n v . Die klanke klink dieselfde, maar hoe weet jy of jy 'n f of v moet skryf? Al uitweg is om die woorde te leer en te onthou.
filmster | vyf | |
foto | verveeld (bored) | |
familie | vlooi (flea) | |
fout (mistake) | verrassing (surprise) | |
fiks (fit) | valskerm (parachute) | |
fluks | verkeerd |
4. Hieronder volg 'n feitekaart van Charlie Chaplin. Jy moet die feite wat in telegramstyl geskryf is, oorskryf in volsinne sodat dit in verhalende vorm is en soos 'n storie lees.
LU 4.6.1 |
Soms | Dikwels | Altyd | |
Al die sinne begin met hoofletters. | |||
Punktuasie is gebruik waar nodig. | |||
Woorde is korrek gespel. | |||
Woordorde is korrek. | |||
Dis in goeie, volsinne geskryf. | |||
Die poging is geslaagd. |
LU 4.6.2 | |
LU 4.6.3 |
ASSESSERING DEUR OPVOEDER:
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 verstaan en waardeer stories, asook dié wat deur medeleerders vertel word: |
1.1.1 reageer persoonlik en krities, stel en beantwoord vrae. |
LU 2 |
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.2 voer interaksie in die addisionele taal: |
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet ...); |
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke); |
2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme; |
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer: |
2.4.2 betrek ander by die bespreking (soos: Wat dink jy?); |
2.4.6 wissel tale af, indien nodig. |
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 verstaan en waardeer stories, asook dié wat deur medeleerders vertel word: |
1.1.1 reageer persoonlik en krities, stel en beantwoord vrae. |
LU 2 |
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.2 voer interaksie in die addisionele taal: |
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet ...); |
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke); |
2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme; |
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer: |
2.4.2 betrek ander by die bespreking (soos: Wat dink jy?); |
2.4.6 wissel tale af, indien nodig. |
LU 4 |
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.1 skryf om inligting oor te dra: |
4.1.2 skryf een of twee paragrawe om ‘n proses te beskryf (soos hoe om ‘n motorband om te ruil); |
4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan; |
4.4 skryf skeppend |
4.4.1 toon ontwikkelende vermoë om stories, gedigte en toneelstukke te skryf (soos deur dialoog by ‘n storie in te sluit); |
4.6 benader skryf as ‘n proses: |
4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks; |
4.6.2 skryf ‘n konsepweergawe en lees en bespreek dit krities; |
4.6.3 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer. |
Vir die Opvoeder: Leesstuk by No. 1
Hier volg die leesstuk en die vrae. Lees die vrae voordat die leesstuk gelees word. Sodoende weet die leerders waarvoor hulle moet oplet. Lees die leesstuk en dan weer die vrae sodat leerders die vrae kan beantwoord.
"Wat ek die graagste wil hê, is dat elke kind genoeg moet hê om te eet, klere aan sy lyf, skoene aan sy voete en 'n dak oor sy kop." Dit was die woorde van een van die wêreld se mees geliefde en beroemdste rolprentsterre ooit.
Met sy sakkerige broek, 'n baadjie wat te nou was, 'n klein hoedjie op sy kop, skoene wat te groot was, 'n wandelstok van bamboes, 'n klein snorretjie en 'n koddige stappie, was Charlie Chaplin een van die mees geliefde komediante.
Charlie is in 1889 in Londen gebore en het baie armoedig grootgeword. Tog het hy sy omstandighede te bowe gekom en skatryk en wêreldberoemd geword. Hy is in 1977 oorlede.
Vrae
(a) Oor wie handel hierdie leesstuk?
(b) Was dit vir hom belangrik dat kinders nie moes swaarkry nie?
(c) Was hy 'n rolprentster?
(d) Het sy klere netjies gepas?
(e) Het hy mense laat lag?
(f) Is hy in New York gebore?
(g) Was sy ouers baie ryk?
(h) Is hy meer as 'n honderd jaar gelede gebore?
(i) Was hy 'n beroemde persoon?
(j) Lewe hy nog?
12.
(a) Charlie Chaplin
(b) Ja
(c) Ja
(d) Nee
(e) Ja
(f) Nee
(g) Nee
(h) Ja
(i) Ja
(j) Nee
4. Charlie Chaplin is in 1889 in Londen gebore. Sy vader het die huis verlaat toe hy een jaar oud was. Hy het armoedig groot geword. Op negejarige ouderdom het hy lid geword van 'n seunsgeselskap wat gesing en gedans het. Hy het in 1977 in Switserland gesterf. Chaplin het 'n groot invloed op die toekoms van rolprente gehad. Hy het rolprente geregisseer en alledaagse gebeure gebruik. Hy het 'n miljoenêr en 'n superster geword. In die meeste rolprente het hy die karakter van 'n arm ou vertolk en het self sy kostuum gekies. In sy tweede rolprent, wat in 1914 gemaak is, het hy die boemelaar-karakter geskep. Van 1919 tot 1923 het hy deur Amerika getoer as lid van 'n geselskap komediante. Hy is deur 'n rolprentvervaardiger raakgesien en het in 1913 in sy eerste rolprent gespeel.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?