<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Streshantering

Module 7

Eustres en distres

Aktiwiteit 1:

[LU 3.1, 3.2]

Voer alle opdragte noukeurig uit

  • Voordat ons verder saam dink oor stres, moet ek tog verduidelik dat alle stres nie nadelig is vir mense nie. Daar is eustres , ’n positiewe soort stres, wat baie mense aanspoor om hul beste te lewer in sekere situasies, bv. leer vir eksamen, voorberei vir atletiek of wedstryde. Hierdie tipe stres spoor mense aan om hul beste te lewer binne ’n sekere tyd.
  • Die nadelige tipe stres word eintlik distres genoem. Dis nou as jy te veel vir te lank aan stres onderwerp word. Dis hierdie tipe stres wat jou later siek kan laat voel omdat dit o.a. jou immuniteit of weerstand teen siektes verswak. Die oorsake vir distres behoort uitgepluis te word en hanteer te word voordat daar te veel skade aan mense se fisiese en geestelike gesondheid is.

1. Is alle stres nadelig vir ’n mens? Gee redes vir jou antwoord.

2. Wanneer ondervind ’n persoon distres ?

3. Sê watter faktore of situasies veroorsaak eustres of distres by jou. Skryf E of D langs elke situasie of faktor.

  • eksamen
  • ’n sportwedstryd
  • as jou ouers baklei
  • as jou vriende vir jou kwaad is
  • as ’n onderwyser kwaai is
  • as jy rekenaarspeletjies speel
  • as iemand in die familie siek word
  • as iemand in die familie doodgaan
  • as jy in die see swem en die stroom is sterk

4. Bekyk die volgende situasies met ’n maat en besluit dan wat was die faktore wat stres veroorsaak het in elke situasie. Kyk of jy en jou maat saamstem. Indien nie, kry nog menings van jou klasmaats wanneer die leerkrag tyd gee daarvoor.

A . Bernita sit in haar kamer en huil. Haar ma vra haar wat fout is. Sy wil nie sê nie. Sy het die middag inkopies saam met ’n maat gedoen en haar pa en ’n vreemde vrou hand-aan-hand ’n restaurant sien binnegaan.

B . Suleiman wil nie eet nie. Hy is ontsteld omdat al sy klasmaats na ’n maat se partytjie genooi is, en hy nie.

C . Nomhla se ma maak haar kamer aan die kant en vind ’n toets wat Nomhla moes laat teken het. Nomhla het baie swak in die toets gevaar. Die vorige aand het Nomhla die heel aand in haar kamer gebly en gemaak asof sy studeer, maar sy het eintlik ’n boek gelees.

D . Patrick bly in ’n klein kamertjie by sy oom-hulle. Na 21:00 moet die ligte af en hy mag net twee maal per week die bad gebruik; die res van die tyd stort hy. Die stort het net koue water. Hy moet sy eie wasgoed doen. Hy kry om 18:00 aandete. Sy ontbyt bestaan uit een sny brood en koffie. Daar is geen middagete nie, sy tannie werk en die huis bly gesluit totdat sy tuiskom.

E . Macy bly naby ’n spoorwegstasie. Haar ma werk nagdiens en haar pa kom saans na sewe by die huis. Haar groot broer bly ook in die huis. Hy en sy vriende kuier graag tot laat in die aand.

  • Wat is die stresfaktore in elke geval?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
3.1 faktore wat selfbeeldontwikkeling en selfmotivering beïnvloed, ontleed en bespreek;
3.2 besin oor gepaste gedrag in verskillende soorte interpersoonlike verhoudings;
3.5 ’n persoonlike plan vir die voorkoming en hantering van stres ontwerp en implementeer.

Questions & Answers

what are components of cells
ofosola Reply
twugzfisfjxxkvdsifgfuy7 it
Sami
58214993
Sami
what is a salt
John
the difference between male and female reproduction
John
what is computed
IBRAHIM Reply
what is biology
IBRAHIM
what is the full meaning of biology
IBRAHIM
what is biology
Jeneba
what is cell
Kuot
425844168
Sami
what is biology
Inenevwo
what is cytoplasm
Emmanuel Reply
structure of an animal cell
Arrey Reply
what happens when the eustachian tube is blocked
Puseletso Reply
what's atoms
Achol Reply
discuss how the following factors such as predation risk, competition and habitat structure influence animal's foraging behavior in essay form
Burnet Reply
cell?
Kuot
location of cervical vertebra
KENNEDY Reply
What are acid
Sheriff Reply
define biology infour way
Happiness Reply
What are types of cell
Nansoh Reply
how can I get this book
Gatyin Reply
what is lump
Chineye Reply
what is cell
Maluak Reply
what is biology
Maluak
what is vertibrate
Jeneba
what's cornea?
Majak Reply
what are cell
Achol
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask