<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Toe Dingane vir Shaka in 1828 opgevolg het, was die Zoeloe-ryk die magtigste in Afrika. In November 1837 het Retief, vergesel van Thomas Halstead, ‘n Britse handelaar wat as tolk opgetree het, na Mgungundlovu – die plek van die koning – gegaan. Retief wou met Dingane onderhandel oor grond suid van die Tugelarivier waar die Trekkers huise kon bou.
Die Zoeloes het die Voortrekkers as ‘n ernstige bedreiging beskou, maar was nie seker oor hoe om teen hulle op te tree nie. Ten einde hulle te toets, het Dingane vir Retief gestuur om vee wat deur die Tlokoa-opperhoof, Sekonyela (wat ook van gewere en perde gebruik gemaak het), terug te bring. Intussen het van die Voortrekkers die Drakensberge begin oorsteek sonder Retief of Dingane se toestemming.
Retief, oftewel Litivu, soos die Zoeloes hom genoem het, het gemaak soos Dingane versoek het. Onder die voorwendsel dat hy handskoene moes aanpas, is Sekonyela vasgebind, en is meer as 700 stuks vee, asook perde en wapens afgeneem. Oppad terug, by die laer, het die ouer, siek Maritz aangebied om in Retief se plek na Dingane te gaan. Toe Retief weier, het hulle hom gevra om minder mense met hom saam te neem, want hulle het nie vir Dingane vertrou nie.
Retief het egter geglo dat daar niks was om te vrees nie en hy het 70 mans en 30 helpers met hom saamgeneem na Mgungundlovu, want hy het geglo dat hy ‘n goeie indruk op die Zoeloes gemaak het. Hy wou aan die Zoeloes wys dat die Voortrekkers ‘n mag was om mee rekening te hou. Hulle het selfs skote buite die hoofkraal geskiet om hul teenwoordigheid aan te kondig. Dingane se gesteelde vee, sonder Sekonyela se wapens, is terugbesorg.
Die verdrag tussen die Zoeloes en die Voortrekkers is daar op 4 Februarie 1838 onderteken.
VERDRAG
Uit: Matthews J. 1882. Discovery History . Kaapstad: Maskew Miller Longman, Kaapstad
Eerwaarde Owen, die sendeling wat net buite Mgungundlovu gewoon het, het op die oggend van 6 Februarie 1838 vir Retief en sy manne in die geheim laat waarsku dat Dingane van plan was om hulle dood te maak. Kort voor hul vertrek is Retief en sy manne na die hoofkraal ontbied sodat Dingane hulle kon onthaal en groet. Volgens tradisie het die Trekkers sonder hul wapens gegaan. Terwyl die Voortrekkers bier gedrink het en na die Zoeloe-danse gekyk het, het Dingane skielik uitgeroep dat die “towenaars” (Trekkers) doodgemaak moes word.
a) Verskaf die korrekte antwoorde na aanleiding van die volgende bron:
Op Dinsdag 6 Februarie 1838 skryf Owen in sy dagboek:
Die volgende opwindende oefening bied jou die geleentheid om historiese bronne te evalueer om sodoende die “raaisel” op te los! Hou ‘n klasgeprek oor die volgende onderwerpe:
Notification Switch
Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?