<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
In Suid-Afrika word jaarliks 42 miljoen kubieke meter afval gegenereer. Die grootste deel van hierdie afval word in Gauteng geproduseer. Die gemiddelde hoeveelheid afval per persoon wat daagliks in Suid-Afrika geproduseer word, is 0,7 kg. Die sektor wat die meeste bydra tot die stroom van soliede afval, is die mynbou. Hierdie sektor dra 72,3% van die soliede afvalstroom by. Daarna volg brandstof wat 6,7% uitmaak van die soliede afvalstroom. Landbouafval dra 6,1% by, terwyl afval uit stedelike gebiede 4,5% uitmaak. Die rioolslyk beslaan 3,6% van die soliede afvalstroom.
Sulke hoë vlakke van afval en besoedeling wek rede tot kommer. ‘n Groot hoeveelheid van die gevaarlike afval (soos chemiese stowwe), word nie behoorlik behandel of van ontslae geraak nie. Slegs 5% van die 5 miljoen kubieke meter chemiese afval wat geproduseer word, bereik uiteindelik die gevaarlike afval-stortingsterreine.
Op jou eie:
TIPE AFVAL | STORTINGS-TERREIN | SEE | SPESIALE AANLEG |
Blikke en groenteskille | |||
Rioolslyk | |||
Nywerheidsure en gifstowwe | |||
Ou olie en smeermiddels |
LU 2 |
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 ‘n beredeneerde verduideliking van sommige benaderings tot ontwikkeling verskaf [mense en plekke]; |
|
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?