<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Om op die gevaar van sonbrand te wys
[LU 2.1]
Skryf so veel as moontlik dinge neer waarvoor die son gebruik word.
Die son is eintlik ‘n ster wat die aarde van lig en warmte voorsien. Die son se strale is ontsettend sterk en dit is dus baie belangrik dat ons onsself teen hierdie strale moet beskerm. Dit is baie makliker om skade aan jou vel te voorkom as wat dit is om dit later in jou lewe te herstel.
Hou ‘n groepgesprek oor die skade wat son aan jou vel kan aanrig en voltooi dan die take.
LEERUITKOMS 2: KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPLIKE KENNISDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard
Dit is duidelik wanneer die leerder
2.1 betekenisvolle inligting onthou.
Skryf so veel as moontlik dinge neer waarvoor die son gebruik word.
Hou ‘n groepgesprek oor die skade wat son aan jou vel kan aanrig en voltooi dan die take.
1. Jou vel kan baie seer verbrand, selfs blase kan vorm.
2. Leerders knip prentjies uit plak dit in die oop spasie. Hulle kan selfs werklike produkte bring wat in die klas bespreek kan word.
3. Modelle wat in advertensies gebruik word, word altyd as sonbruin voorgehou. Dit plaas druk op die gewone mens om ook so te lyk. (Gesels sommer hier oor groepsdruk!) Enige aanvaarbare antwoord.
4. Laat hulle briefies skryf om aan die skoolhoof te gee. Daar behoort interessante dinge uit te kom.
Mnr. Breinsel:
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?