<< Chapter < Page Chapter >> Page >

BRON E: ’n Uittreksel van ’n toespraak tydens die Veldtog vir ’n Republiek

Reaksie van die Suid-Afrikaanse Regering: In sy eerste openbare optrede sedert die skietery, het Verwoerd by Meyerton in ’n toespraak tydens die Republikeinse Veldtog die volgende gesê – en dit was presies dit wat die blankes wou hoor:

’niemand moet ontsteld wees nie. Niemand moet dink dat wet en orde nie ge­handhaaf kan word nie.

Die massa swartmense van Suid-Afrika – en ek ken Bantoes dwarsoor die land – is ordelik en vredeliewend. Hulle is lojaal teenoor die regering en die lands­administrasie… Die groepe mense wat slegs hulle eie belange nastreef, is klein, en maak gebruik van massa-sielkunde by massavergaderings, en deur dreige­mente en ander middele is hulle soms die oorsaak van moeilik­heid… Ons is nie van plan om verontrus te word oor wat in die buitewêreld in alle onkunde gedoen en gesê het nie.’

BRON F: Reaksie van die ANC

  • Sommige ANC-leiers het beweer dat die skare wat by Sharpeville byeen­gekom het, nie lede of ondersteuners van die PAC was nie.
  • Die skare was nie ten volle bewus van wat aan die gang was nie.
  • Dit word beweer dat hulle nie besef het dat hulle daar was as deel van die PAC se protesaksie nie.
  • Beweer dat die swartmense die polisie en die PAC gesamentlik verant­woordelik hou vir die Sharpeville marteling: die polisie vir die werklike slag­ting, die PAC vir sy “ontydige” en “onverantwoordelike” optrede.
  • Die ANC was op die punt deur van om sy eie anti-pas-betogings te organi­seer, wat volgens hulle, beter beplan was.

Uit verslae van die regterlike kommissies kan dit met veiligheid aanvaar word dat die skare passief (vreedsaam) was. Dit alleen is egter nie positiewe bewys óf van die ANC-aanspraak dat die skare onkundig was oor die doel van die byeen­koms nie, of van die PAC-aanspraak dat hulle almal daar was om op ’n ordelike wyse teen passe te betoog nie. Die polisie bewering dat die skare gevaarlik, vyandelik en dreigend was, is nie gesteun deur getuienis wat onafhanklik ooggetuies gelewer het nie .

(Aangehaal uit: Patrick van Rensburg’s Guilty Land , 1962

BRON G: UITREKSEL UIT DIE GETUIENIS VAN ROBERT MAJA voor die Hof van Ondersoek na die Sharpeville-skietery

  • Deur Mnr Kentridge ondervra:

Mnr Maja, u is ’n Predikant van die Presbiteriaanse Kerk van Suid-Afrika? – Ek is .

Woon u in Sharpeville? – Ja .

Was u in Sharpeville op 21 Maart hierdie jaar? – Ek was .

Ongeveer hoe laat het u u huis verlaat die oggend van die 21ste? – Ek is nie seker van die tyd nie, maar ek dink dat dit tussen 10 en 11 was .

En waarheen het u gegaan? – Ek het na ’n Predikant, mnr. Voyi, wat ’n leraar van die Anglikaanse Kerk is, gegaan .

In Sharpeville? – Ja, in Sharpeville .

Toe u by sy huis aangekom het, wat – het u hom tuis aangetref? – Ek het sy vrou daar aangetref en het haar gevra waar hy was, en sy het aan my vertel dat hy na die Polisiekantoor gegaan het .

Het u skare mense by die Polisiekantoor aangetref? – Ek het baie mense in die oopte daar aangetref .

Naby die Polisiekantoor – ja .

Het u ’n tydjie tussen die skare deurgebring? – Ja, ek het .

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask