Kuns en kultuur
Graad 6
Uitdrukking en kommunikasie
Module 6
Om die belangrikheid van rituele te verduidelik
DRAMA
In hierdie module gaan ons kyk na die ritueel, en dan meer spesifiek, die huwelikseremonie.
Aktiwiteit 1:
Om die belangrikheid van rituele te verduidelik
[lu 4.3]
NAVORSING
Oefening 1: projek
- Doen navorsing oor ‘n ritueel van jou keuse nadat jou opvoeder die agtergrond gegee het.
- Bied ‘n geskrewe-, visuele- of modelinge-projek oor jou gekose ritueel aan.
- Die navorsingsprojek kan die volgende insluit:
- prente, foto’s, tekeninge
- video’s
- kostuums
- rekwisiete (items met betrekking tot die tema)
- demonstrasies
- musiek
- Geskrewe projekte moet ingehandig en uitgestal word.
- Mondelinge en visuele projekte moet aan die klas gebied word.
Aktiwiteit 2:
Om ‘n kulturele ritueel te dramatiseer
[lu 4.3]
DIE TROUE
Baie van die waardes en interpretasies van verskillende kulture word voorgestel in die
huwelikseremonie . Die gebeure by ‘n troue word bepaal deur geloof en kultuur.
Oefening 2: Navorsing
- Vors ‘n huwelikseremonie van ‘n spesifieke kultuur na.
- Hierdie navorsingsprojek moet die volgende insluit:
- geloof van die kultuur wat nagevors word
- tradisies
- musiek, liedere
- dans
- kostuums (trourokke, ens.)
- simboliese elemente
- kos
- die seremonie (gee van ringe, breek van glase, ens.)
- voorbeelde van trougeskenke (indien enige)
- omgewings (kerke, tempels, moskees, ens.)
- die ritueel
- aspekte van die kultuur
- die verskillende rolle van die mense betrokke (mans, vrouens, kinders, oumense, ens.)
- bied jou projek vir die klas aan – in groepe, in pare of individueel
Verskillende huwelikseremonies om na te vors :
- Indies
- Joods
- Afrika
- Christelik
- Japannees
- Grieks
Oefening 3: Dramatisering
- Kies twee huweliksrituele uit die aanbiedings wat jy graag sal wil dramatiseer.
- Verdeel die klas in twee groepe – elke groep moet ‘n verskillende ritueel dramatiseer.
- Elke leerder in die klas moet betrokke wees by die dramatisering en ‘n rol verpersoonlik:
- bruid en bruidegom
- die gevolg (blommemeisies, strooijonkers, strooimeisies, ens.)
- familielede
- gaste
- persoon wat die seremonie lei (priester, rabbi, imam, ens.)
- musikante
- sangers
- fotograaf
- Elke ritueel moet die volgende insluit:
- kostuums
- rekwisiete
- musiek en sang
- dans
- seremonie
- gebeure voor en na die seremonie
- optog
- Repeteer die dramatisering van die huweliksritueel.
- Voer die rituele op.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
|
LU 4 |
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en om ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
|
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
MUSIEK (4.4) |
- musiek wat die simboliek van rituele kan navors, skep en aanbied.
|
|
DRAMA (4.2 - 4.3) |
- ‘n kulturele ritueel (religieuse seremonie of sosiale viering) dramatiseer en die gebruik van drama-elemente (bv. patroon, repetisie, sekwens) demonstreer; en
|
- die belangrikheid van hierdie ritueel aan die deelnemers kan verduidelik.
|