<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Om die son as bron van energie vir lewe op aarde te beskryf
[LU 2.1]
Die son is natuurlik ons belangrikste bron van energie. Die mens aanvaar die son as vanselfsprekend, want ons sien elke oggend die son opkom en saans sien ons dit weer ondergaan. Die son stuur sy energie in alle rigtings oor die aarde. Die son verhit die aarde en gee dus op hierdie manier energie aan die aarde. Die plante gebruik van hierdie energie om te groei en wanneer diere die plante eet, kry hulle ook van hierdie energie! Die diere gebruik weer die energie om te beweeg en te groei.
Waar kry ons as mense ons energie vandaan?
Verduidelik in ‘n kort sinnetjie wat op elk van die volgende prentjies gebeur. Skryf die sin netjies onder elke prentjie neer.
Energie is dus nou vanaf die son na die koringplant en vandaar na Phillip se liggaam oorgedra. Hierdie oordrag is soos wanneer jy pouse ‘n broodjie met jou maatjie sal deel. Jy gee dit mos weg vir hom/haar.
LEERUITKOMS 2: KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPLIKE KENNISDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard
Dit is duidelik wanneer die leerder
2.1 betekenisvolle inligting onthou.
Sinne wat by die prentjies pas
Die son gee energie aan die koringplant, wat dan die energie stoor.
Die brood en pap bevat nou die energie van die koring.
Phillip se liggaam neem nou die energie op.
Hy gebruik energie om te oefen.
Om kos gaar te maak deur sonenergie te gebruik
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?