<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Wie is die hoofkarakter in die gedig?
Ruiter in die nag is ‘n verwerking van A.G. Visser se Ruiter van Skimmelperdpan . Hieronder word Windy Nights van R.L. Stevenson afgedruk. Lees dit aandagtig deur en reageer op die volgende vrae:
Windy Nights
Whenever the moon and stars are set,
Whenever the wind is high,
All night long in the dark and wet,
A man goes riding by.
Late in the night when the fires are out,
Why does he gallop and gallop about?
Whenever the trees are crying aloud,
And ships are tossed at sea,
By, on the highway, low and loud,
By at the gallop goes he.
By at the gallop he goes, and then
By he comes back at the gallop again.
Robert Louis Stevenson
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer: |
1.2.2 beantwoord vrae oor inhoud van tekste en gee eie mening; |
LU 2 |
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier, met selfvertroue oordra: |
|
2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen: |
2.5.1 let op duidelike spraak; |
2.5.2 korrekte pousering; |
2.5.3 tempo en volumewisseling; |
|
LU 3 |
LEES EN BESIGTIG Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 ‘n strokiesverhaal lees en die kenmerke herken; |
3.2 stillees korrek en met begrip toepas; |
3.5 verskillende tekssoorte en die hoofkenmerke daarvan identifiseer en die struktuur van die teks verduidelik. |
LU 4 |
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf: |
4.1.2 skryf ‘n storie (verhalende opstel); |
4.1.2 skryf ‘n samespraak (dialoë). |
LU 5 |
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik: |
5.1.3 twee moontlikhede oorweeg en besluit watter een die beste keuse is;5.1.1 betekenis aflei en die skrywer se bedoeling verduidelik deur geskrewe, visuele en mondelinge tekste te interpreteer; |
LU 6 |
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
6.1 met woorde werk: |
6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge); |
6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe; |
6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek; |
6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei; |
6.1.9 algemene sinonieme, antonieme verstaan en gebruik; |
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel: |
6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas; |
6.5 kritiese taalbewustheid ontwikkel: |
6.5.1 maak kennis met die letterlike en figuurlike gebruik van woorde; 8 |
Opdrag 1
Gesels eers met die leerders oor die begrippe. Lees dan die leesstuk. Verduidelik vooraf wie Antjie Somers was.
Antwoorde:
Opdrag 2
Die leerders kry vroegtydig hierdie opdrag. Hulle moet hul storie kom vertel of voorlees in die klas. So ook die gedigte.
Opdrag 3
Verdeel die klas in groepe van agt. Elke leerder kry een strofe van die gedig om te memoriseer. Elke groep tree aan voor die klas en dra die gedig voor.
Byklanke kan gebruik word, bv. die perdehoewe, geluide van nagdiere, die wind wat tier deur die kloof, bomme wat ontplof, geweerskote, ens.
Voorsiening vir voorbereiding moet gemaak word.
Die gedig kan ook deur ‘n spreekkoor voorgedra word.
Opdrag 4
1. ‘n Wind wat verskriklik waai
Opdrag 5
1. ‘n Wit perd is meer sigbaar in die maanlig. Dit is ook spookagtig
Opdrag 6
Hierdie is ‘n goeie voorbeeld van intertekstualiteit , m.a.w. wanneer een skrywer se werk as inspirasie dien vir ‘n ander skrywer om ‘n kunswerk te skep met bv. dieselfde tema. Daar is ooreenkomste tussen twee tekste. Dit is nie noodwendig plagiaat nie. A.G. Visser het dikwels inspirasie gekry uit ander digters se gedigte.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?