Hou gou ‘n dinkskrum en skryf alle habitatte van plante neer waaraan julle kan dink:
Opdrag 2:
Kies ‘n plant wat in julle omgewing of in julle tuin voorkom. Vind uit:
Hou die plant van min of baie water?
Hou die plant van min of baie sonlig?
Van watter soort grond hou die plant?
Teken die plant in sy natuurlike habitat.
Beantwoord die volgende vrae:
Noem drie dinge wat plante nodig het om te groei.
Wat is die beste soort grond vir plante?
Wat noem ons die gas wat deur plante vrygestel word?
Kan plante hulle eie kos maak?
Iets interessants:
Maak ‘n voëlkoekie om voëls na jou tuin te lok. Jou onderwyser sal vir jou verduidelik hoe om dit te maak.
Assessering
LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ondersoek beplan;
1.2 ondersoek uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindings kommunikeer.
Memorandum
Habitat van plante:
water: sommige groei onder water en ander groei bo-op die water
woestyne: Sommige kan in woestyne groei waar dit warm en droog is en waar water skaars is: kaktusse, vygies
berge: hulle moet bitter koue en sterk winde kan trotseer: kosmos, bitterbosse, disa, protea, suikerbos
oerwoud: orgideë, varings, mos
veld: fynbos, sommige proteas
botaniese tuine: gewoonlik inheemse plante
semi-woestyn: karoobossies, kaktusse
enige ander aanvaarbare antwoord
Beantwoord die volgende vrae:
sonlig, warmte, water
goedgedreineerde, leemgrond vol kompos
koolstofdioksied
Ja
Voëlkoekie om voëls na die tuin te lok
Maak ‘n gaatjie aan die onderkant van ‘n 500 ml joghurtbakkie.
Steek ‘n stukkie tou van ongeveer 20 cm lank deur die gaatjie en maak ‘n knoop daarin.
Maak die kos vir die voëltjies en sit dit binne-in die bakkie. Die kos word so gemaak: smelt ongeveer 125 g vet in ‘n pan en gooi allerhande sade, soos sonneblomme, koring, voëlsaad, neute, harde broodkrummels, hawermout, ens. daarin en meng dit goed. Wag tot dit effens afgekoel het en gooi dit dan in die houer.
As die vet hard geword het, haal dit uit die houer en hang dit aan die boom.Hou die voëls lekker dop!