<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Opdrag 1
Tipe Uitgawe | Diens of Goedere | Persentasie | |
1 | |||
2 | |||
3 | |||
4 | |||
5 | |||
6 | |||
7 | |||
8 | |||
9 | |||
10 |
[LU 1.1]
(b) Teken ‘n kolomgrafiek om die vyf dienste of goedere aan te dui waarop jou ouers die meeste geld maandeliks moet spandeer.
Opdrag 2
Het jy enige pligte wat jy daagliks/weekliks/maandeliks moet uitvoer? Gee ‘n kort WERKBESKRYWING van ten minste vyf take waarvoor jy verantwoordelik is.
Verrig jy hierdie take getrou?
Waarom?
[LU 3.1]
Opdrag 3
Wat is die eienskappe van ‘n goeie bestuurder? Maak ‘n kruisie in die toepaslike kolom:
‘n Goeie bestuurder | Ja | Nee | |
1. | Vermy moeilike en onaangename situasies. | ||
2. | Is sterk en standvastig in moeilike situasies. | ||
3. | Is bereid om van opinie te verander. | ||
4. | Sien nie ander se standpunte in nie. | ||
5. | Is altyd bereid om te help. | ||
6. | Vermy moeilikheid en blameer ander vir probleme. | ||
7. | Merk geleenthede vir verbetering op. | ||
8. | Is eerlik en oop. | ||
9. | Is ‘n goeie luisteraar. | ||
10. | Prys, motiveer en gee graag rigting. | ||
11. | Het ‘n groot hart. | ||
12. | Sê dat jou probleme tuis hoort. | ||
13. | Neem self besluite sonder om die mense wat daardeur geraak word, te raadpleeg. | ||
14. | Sorg dat alles betyds klaarkom. | ||
15. | Is ‘n voorbeeld met sy kennis en vasberadenheid. |
[LU 3.1]
Agtergrond |
Elke bestuurder se leierskapstyl is anders. Daar is hoofsaaklik drie style, nl. ‘n demokratiese , ‘n outokratiese en ‘n laissez-faire styl.‘n Demokratiese leier betrek sy spanlede by besluitneming en moedig hul aan om hul opinies uit te spreek.‘n Outokratiese leier is taakgerig en doen al die beplanning en dinkwerk op sy eie.‘n Laissez-faire leier laat almal toe om te doen soos wat hy/sy wil en doen geen moeite om die span te beheer nie. |
Opdrag 4
Elke opvoeder by die skool het sekere pligte waarvoor hy of sy verantwoordelik is. Jou opvoeder sal aan julle groep ‘n pligstaat van die skool verskaf. Kies ‘n gewone opvoeder (± 5 jaar onderwys) en ‘n departementshoof (± 10 jaar) en maak ‘n lys van al die pligte waarvoor hy/sy verantwoordelik is.
Naam van gewone opvoeder
Pligte
Naam van departementshoof
Pligte
Is daar ‘n opmerkbare verskil tussen die take van die twee opvoeders?
Indien wel, waarom?
[LU 1.1]
Opdrag 5
Jy is pas as klaskaptein gekies. Maak ‘n lys van al die pligte en verantwoordelikhede wat ‘n klaskaptein behoort te hê.
[LU 3.1]
Opdrag 6
Die werkers by die skool het nie meer tyd om daagliks julle klas skoon te maak nie. Jou klasonderwyser het vir jou opdrag gegee om hierdie taak te organiseer. Die leerders in die klas sal beurtelings verantwoordelikheid moet neem om die klas skoon te maak.
[LU 3.1]
LU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOP
Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 onderskei tussen verskillende vlakke van behoeftes en verduidelik hoe daar daarin voorsien kan word
LU 3
Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiële Kennis en Vaardighede
Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Ons weet dit as die leerder die volgende doen :
3.1 neem deel aan en toon bestuurs- en leiersrolle in die klas en by die huis in die afwesigheid van volwassenes;
Opdrag 1a. Hierdie is ‘n tuiswerkopdrag wat elke leerder saam met sy ouers kan voltooi.
Moontlike antwoorde/uitgawes:
Opdrag 1C
Mag verskil
Hou ‘n klasbespreking van huishoudings se uitgawes en lei so af watter uitgawes die meeste voorkom.
Opdrag 2
Mag verskil
Opdrag 3
Die eienskappe van ‘n goeie bestuurder word met die klas bespreek; die eerste vyf eienskappe kan as ‘n klasgroep voltooi word, waarna die laaste tien individueel voltooi word en geassesseer word.
1. Nee
2. Ja
3. Ja
4. Nee
5. Ja
6. Nee √
7. Ja √
8. Ja √
9. Ja √
10. Ja √
11. Ja √
12. Nee √
13. Nee √
14. Ja √
15. Ja √
Opdrag 4
Kan verskil. Die verskillende bestuurstyle word aan die klas verduidelik en die pligstate van die opvoeders van ‘n skool kan aan groepe uitgedeel word, waarna die opdrag voltooi kan word.
Opdrag 5
Kan verskil. Die leerder moet met hierdie oefening besef dat om as ‘n klaskaptein gekies te word, nie net ‘n voorreg is nie, maar ook sekere verantwoordelikhede vereis.
Opdrag 6
Kan verskil. Die leerder word blootgestel aan die geleentheid om sekere take te kan bestuur.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?